This event is over.

Steeds Donkie

Organized by Atterbury Theatre
Steeds Donkie
Met: Frank Opperman
Teks: Dana Snyman
Regie: Gerrit Schoonhoven
Aangebied deur Aardklop Nasionale Kunstefees en Frank Opperman
Ondersteun deur NATi

Steeds Donkie is die logiese opvolg van Frank Opperman se trefferproduksie Donkie. Meneer Swart, beter bekend as "Donkie" is die skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen. Met sy goeie bedoelings ten spyt is hy reeds effe suf geslaan en gebombardeer. Tydens hierdie Maandagoggend se saalopening het hy boonop etlike nuwe uitdagings: Die leerders se akademiese prestasies het geweldig agteruit gegaan tydens die Covid-pandemie, onderwysers se moed lê laag in hulle skoene en die beheerliggaam is geensinds tevrede met sy hantering van Black Lives Matter nie. Ten minste is hordes eksemplare van die skool se 80-jarige herdenkingsboek darem gedruk.

'Frank Opperman en Dana Snyman het met "Donkie" ‘n karakter geskep wat met die eerste effe onbeholpe woord reeds diep in die hart kruip. Met soveel humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en absolute deernis word ‘n storie vertel waarin ieder en elk homself sal verkneukel.'

Tydsduur: 60 minute
Ouerbegeleiding, Afrikaans

TEATER VEILIGHEID EN PROTOKOL

- Sitplekke word twee-twee beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreëls.
- Nie meer as twee gehoorlede mag langs mekaar sit nie.
- Net beperkte sitplekke beskikbaar (50% kapasiteit)
- Maksimum spasie word tussen gevulde sitplekke oopgehou.
- MASKERS IS VERPLIGTEND
- Temperatuur word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak ‘n uur voor die vertoning oop)
- Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
- Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie
- Kaartjies kan slegs AANLYN gekoop word by iTickets.co.za




THEATRE SAFETY AND PROTOCOL

- Seats are made available in sets of two according to safety regulations.
- No more than two audience members may sit next to each other
- A limited number of seats are available (50% of venue capacity)
- Maximum space is left open between booked seats.
- MASKS ARE COMPULSORY
- Temperature will be taken.
- Attendance register must be completed.
- Be sure to be on time for the event to complete the attendance register (foyer opens 1 hour prior to concert)
- Disinfectant / Hand Sanitizer will be available in the foyer.
- Artists will not be available for photos or signing of merchandise after the concert
- Tickets can only be purchased ONLINE at iTickets.co.za