Tickets available soon

Heeltyd Speeltyd - Ladies Night (Polokwane)

Doors open at 6:00 pm
Organized by Tpk Produksies | Gesonde Seks
Visit Website
Heeltyd Speeltyd - Ladies Night

Timothy Kieswetter bring sy splinternuwe Ladies Night, wat spesifiek ontwerp is vir level 1 LOCK-DOWN, teater toe!

Die show is eksklusief vir slegs 50 dames.
Hierdie is ‘n unieke tipe show, waar Timothy elke toy in sy kas vir jou gaan uithaal en demonstreer.

Dit is ‘n LOCK-DOWN toy tutorial.

Die kaartjie is ook nie ‘n gewone kaartjie wat jy koop nie. DIT IS ‘N VOUCHER, wat jy na die show kan indien vir afslag op die toy of produk waarmee jy graag wil huis toe gaan.

Lockdown reëls:
  • Daar sal 'n set menu beskikbaar wees om van te bestel, wat ons nader aan die tyd vir julle sal deurgee. Geen eie kos of drank mag ingebring word nie.
  • Die kroeg sal oop wees. Geen eie drank mag ingebring word nie.
  • Geen masker, geen toegang.
  • Elke persoon se temperatuur gaan gemeet word. Temperature van 37.8C en hoër gaan nie die teater mag binnegaan nie, en die persoon sal moet huis toe gaan.
  • Hand-saniteermiddel sal by die deur beskikbaar wees.
  • Die 50 stoele sal rondom tafels in die teater gespasieer word.
  • Aan die einde van die show, sal die kaartjie nommers opgeroep word, in die orde soos wat dit gekoop is. Sodoende sal die eerste kaartjie kopers eerste hulle R250 voucher kan verruil.
  • So as jy seker wil maak jy kry jou hande op die toy wat jy graag wil koop, maak seker jy koop jou voucher-kaartjie heel eerste.
Ek weet hierdie is baie reëls, en is nie ideaal nie. BUT THE SHOW MUST GO ON.
Ons almal is gretig om uit die huis te kom en weer normaal te voel.

Ek is gretig om weer mense se lag te hoor. Al is dit lag verdoof deur maskers.