This event is over.

Nataniël Gesels 2020

Organized by Atterbury Theatre
NATANIËL GESELS 2020

Nataniël se gewilde GESELS wat op 9 Maart hierdie jaar by die Atterbury teater aangebied is en weer op Saterdag 19 September sou plaasvind, kan om voor die hand liggende redes nie meer op dieselfde manier plaasvind nie. ’n Paar honderd kaartjies is reeds verkoop, meer weens COVID-beperkinge het Nataniël besluit om dit op 4 opeenvolgende Saterdae vir die toelaatbare en veilige hoeveelheid gehoorlede per keer aan te bied.

GESELS vind nou plaas op 3, 10, 17 en 24 Oktober. Slegs 200 sitplekke per praatjie is beskikbaar.

En soos voorheen is hierdie jaar se GESELS splinternuut. Hy gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees. Hy vertel stories, vermaak en verras. Plesierig, skreeusnaaks en roerend, NATANIËL GESELS 2020 is ’n unieke ervaring. Hy gesels oor weerstand en aanvaarding, skok en reaksie, ouderdom en verjonging, die wêreld wat is en die wêreld wat moet.

Vertellings, wyshede, waarheid, vrae, troos, skok en humor, al die elemente van Maartmaand se uitverkoopte GESELS is terug, nou met nog meer geesdrif en vreugde!

Vrae kan vooraf anoniem in 'n houer geplaas word, Nataniel beantwoord soveel as wat die tyd toelaat.

Geen kinders onder 15.

VEILIGHEID EN PROTOKOL:
- Sitplekke word twee-twee beskikbaar gestel.
- Nie meer as twee gehoorlede mag langs mekaar sit nie.
- Slegs ’n 50% van teater word gevul soos per vlak 1 regulasies!
- Maksimum spasie word tussen gevulde sitplekke oopgehou om sover moontlik sosiale distansiëring te akkommodeer.
- Maskers is verpligtend.
- Koors word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Ontsmetmiddel is in die foyer beskikbaar.

FOYER:

- Die foyer is oop vanaf 10:00 (Tyd vir inteken, temperatuur neem ens. Maak seker jy is betyds om in te teken)
- Al Nataniël se produkte is vanaf 10:00 beskikbaar in die foyer.
- Vertoning begin stiptelik 11:00
- Die kroeg is voor en ná die praatjie oop.