This event is over.

Tuis-Bly Sessies met Ruiter Piet

Organized by Universal Music (Pty) Ltd

Ruiter Piet is die solo projek van Pieter de Jager. Voormalige Bass speler en liedjie skrywer van Karlien van Jaarsveld se Afrikaanse Grunge Rock groep “Revolusie” en die 2010 MK bekroonde beste nuweling en SAMA genomineerde Folk Country orkes “Die Tuindwergies”

Na Die Tuindwergies se laaste vertoning by Jacaranda day in 2014 het Pieter gaan rond rits reg om die wêreld en gaan skryf aan sy nuwe Solo projek “Ruiter Piet “ met sy nuwe Orkes agter hom “Die Partytjie” wat bestaan uit: Jaco Mans (Hoof kitaar) Andre van Coller (Saksofoon) Jason Hinch (Tromme) en Duard Musk (Bass)

“Ruiter Piet en Die Partytjie” is voel goed Folk Rock met onderligende Country en Brit Pop elemente en lirieke wat handel oor gewone mense se dinge, gevoelens en gebeurtenisse. Dis ‘n klank vir almal! Terselfdertyd laat dit jou lag,dans,dagdroom, dink en nostalgies raak! Volgens “Ruiter Piet” klink dit soos ‘n aand uit saam die man homself!

Tuis-Bly sessies is 'n lewendige opname van Ruiter Piet en sy band, "Die Partytjie" ....!!! So as jy tyd het vir ‘n goeie tyd....? Luister gerus......