This event is over.

RAFFLE: OPPIWATER KUNSTEFEES

Organized by Lefra Communications and Marketing
Visit Website

RAFFLE KAARTJIE – OPPIWATER KUNSTEFEES (25-30 JANUARIE 2021)
WEN ‘N VOLLE OPPIWATER BOOTVAART AANBOORD DIE MSC ORCHESTRA!!!

Koop nou ‘n “raffle”- kaartjie van slegs R200 en staan ‘n kans om ‘n volle Oppiwater Kunstefees aanbood die MSC Orchestra vir 2 persone te wen ter waarde van R25 000!  RSG en LEFRA se Oppiwater Kunstefees word reeds vir die afgelope 6 jaar aangebied en was nog elke jaar totaal uitverkoop.  Ons vaar van 25-30 Januarie 2021 van Kaapstad na Namibië se mooie Ludertiz en Walvisbaai.  Die Oppiwater Kunstefees spog met meer as 30 produksies wat top Afrikaanse produksies insluit soos GROET DIE GROTMAN 2, Rocco de Villiers in LIEWE HEMEL, LIEWE AARDE, Mathys Roets en Mauritz Lotz in COHEN EN KOOS, die skreeusnaakse klug, MY OOM SE VROU SE PLEKKIE en vele meer.  Volledige program by www.oppiwater.co.za

Hierdie lekker bootvaart sluit die volgende in:

  • Binnekajuit vir twee persone wat deel
  • Alle teaterkaartjies na die produksies wat die wenners wil sien
  • Alle etes aanboord die MSC Orchestra(tot 5 etes per dag)
  • Drankies en alle ander aanboord kostes uitgesluit
  • VIP-behandeling aanboord die MSC Orchestra

 

Reëls:
Wenners moet self in Kaapstad kom en terug – geen vervoer word gereël nie
Daar is geen beperking op hoeveel inskrywings (raffle kaartjies) enige persoon koop nie.
Die prys is vir twee persone wat deel in ‘n binnekajuit
Die sluitingsdatum is 30 Oktober 2020. Die wenner sal op 2 November 2020 deur ‘n rekenaar getrek word.
Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
Die beslissing van die Organiseerders is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.Om vir die Oppiwater Kunstefees te bespreek, gaan na www.oppiwater.co.za of skakel 087 630 0333. Kom kry JOU kuns Oppiwater!