This event is over.

Hier Staan Ons // Spoegwolf

For more information
Visit Website
Organized by Hier Staan Ons

Jy kan op 22 Augustus, saam met ons uitsien na SPOEGWOLF se vertoning. Dit maak nie saak waar in die wêreld jy is nie, ons gaan digitaal en maak ‘n tweede keer geskiedenis deur die hele vertoning op die vooraansig van die Voortrekkermomument te projekteer. Kyk op jou selfoon, rekenaar of vra jou ouers om solank op die koffietafel te staan, want met hierdie vertoning gaan die hele gesin vergeet van hulle swaartekrag.

Die FAK het onlangs as deel van sy Geskiedenisfonds ’n omvattende hulpprogram ter ondersteuning van Afrikanermonumente bekendgestel om hulle finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker. Die Voortrekkermonument in Pretoria is een van die instellings op die FAK se prioriteitslys. Weens die verlies aan toerisme-inkomste omrede die nasionale staat van inperking is dié instelling een van die plekke wat moontlik sy deure kan sluit.
Kaartjies kos slegs R50 en met dié kaartjie kan jy en jou hele gesin saam na die konsert vanuit julle sitkamer kyk of waar julle ’n vleisie op die kole braai. Maak seker dat jy hierdie geskiedkundige geleentheid kan ervaar, koop nou jou kaartjie!