This event is over.

Brendan Peyper & Band LIVE

Organized by GoLive
Visit Website
GoLive Concerts se splinternuwe virtuele konsert bring uitstekende vermaak van wêreldklasgehalte tot in jou sitkamer!

Op 31 Julie om 19:00 is dit Brendan Peyper & Band se beurt om die verhoog warm te speel!

Koop vir jou ‘n kaartjie en beleef sy immergewilde treffers en nuwe liedjies vanuit die voorste ry. 

Kaartjies kos slegs R70 en jy en jou hele gesin kan heerlik saam kyk. Wil jy die vertoning nóg meer spesiaal maak of selfs iemand bederf? Vir slegs R150 kan jy ‘n kaartjie koop om een van die gaste in die ateljee in Durbanville te wees terwyl die vertoning aan die gang is. Onthou - spring vinnig, want daar is slegs 30 van dié kaartjies beskikbaar!

Steek ‘n vuurtjie aan en gooi ‘n vleisie op die kole want dis tyd vir ‘n saamsing-jol wat sal sorg vir lekkerkry van kop tot tone! 

Koop jou kaartje nóú en ontvang jou aanlyn skakel om 18:00 op 31 Julie!