This event is over.

Twee Generasies Country

Hy staan bekend as die man met een gesig, maar vele name. Jy ken hom waarskynlik vir die treffer “Tiny Bubbles”, maar as jy gedink het dis al waarvoor Billy Forrest bekendstaan, maak jy ‘n reuse fout. Hy is ook ‘n liedjieskrywer, musiekvervaardiger en ‘n agter-die-skerms-legende. Forrest is in 1940 gebore as William Charles Boardman in Kimberley, Suid-Afrika, en het sy luisteryke loopbaan in 1961 afgeskop. Jason Bradley was ’n stil maar onmiskenbare talent in die bedryf sedert sy eerste verskyning in die plaaslike countrymusiek-arena in 2003. In 2007, het die legendariese Ray Thomas Jason aan Lance James voorgestel, wat so beïndruk was met sy talent dat hy hom genooi het om deel te neem aan die eerste Country Legendes en Vriende vertonings in 2008 en 2009. In Twee Generasies Country snoer die twee kragte saam in ‘n vertoning wat die manne se status as Country-grotes bevestig.

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 6 September om 16:00.

Bulk bespreking kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel per nuusbrief op die dag van elke individuele vertoning.

Add To Calendar