This event is over.

Gé Sing: Hoor my Lied

Doors open at 4:00 pm
Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Dis vanjaar 21 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblykproduksie, GÉ SING: HOOR MY LIED! Hierdie produksie is verlede jaar voor ‘n gehoor by die Sun Arena in Pretoria opgeneem en kom na jou sitkamer toe aanlyn en digitaal. GÉ SING: HOOR MY LIED! word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines, Savvy Holdings, Q2V Producions en Renegades Removals.

Frans Swart, regisseur van GÉ SING: HOOR MY LIED sê dit is vir hom ‘n besondere groot voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar. “As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé! Ek was bevoorreg om Gé persoonlik te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV, was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, GÉ SING. Daarna het ons baie goeie vriende geword en het ek die mees ongelooflike respek vir hierdie kunstenaar ontwikkel. Hy was nie net sanger nie, maar hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf. Hy was gesinsman, adminstrateur, vriend, akteur, sanger, orator, vegter vir die opera en legende!”

In die produksie GÉ SING: HOOR MY LIED! word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n reuse skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied. Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur van die land se voorste kunstenaars, waaronder Louis Loock, Arina de Witt, Jannie Moolman, die PJ Twins, Taschè van TV se The Voice-faam, Scott Engelbrecht en volle orkes onder leiding van Chanie Jonker.

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 23 Aug om 16:00.

Bulk bespreking kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel per nuusbrief op die dag van elke individuele vertoning.