This event is over.

Jesus is King - Live-Stream Concert

JESUS IS KING Trumpets Call Live Stream Konsert – uitgesaai regoor die wêreld op 

31 Julie 2020  


“Nadat hy die leiers van die volk geraadpleeg het, het die koning sangers aangestel om voor die leër uit te stap. Hulle het tot eer van die Here gesing en Hom geprys vir sy heerlike heiligheid: “Loof die Here, want sy troue liefde duur vir altyd.” Die oomblik toe hulle begin sing en die Here prys, het Hy veroorsaak dat die leërs van vyande onder mekaar begin veg” 2 Kron 20:21-22


Woensdag, 8 Julie 2020: Aangebied in samewerking met Virtual Productions en Blue Banana Events, kondig iTickets met trots Suid Afrika se eerste aanlyn massa byeenkoms aan wat toegewy is daaraan om die proklameer – JESUS IS KING.


 

Dié geskiedkundige konsert sal uitgesaai word vanaf die Moreleta Park Gemeente in Pretoria om 19:00 op Vrydag, 31 Julie 2020.

JESUS IS KING Trumpets Call word aangebied deur van Suid Afrika se mees geliefde kunstenaars en sal uitgesaai word aan ‘n wêreldwye gehoor op verskeie platvorms:


  • Juanita du Plessis
  • Franja du Plessis
  • Ruan Josh
  • Stella
  • Joe Niemand
  • Retief Burger
  • Gillaume & René

Hierdie is ‘n viering van geloof en hoop deur middel van Geesgeïnspireerde musiek wat jy nie mag mis nie. 


Kaartjiepryse wissel vanaf gratis tot en met R50. Alle winste word aangewend om kospakkies vir gemeenskap in Pretoria te skenk wat in nood verkeer. 


Aangebied in Afrikaans en Engels


Vir meer informasie skakel:

086 1000 291