This event is over.

André– Die Skreeusnaakse Hipnotiseur

Doors open at 4:00 pm
Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
ANDRÉ – DIE SKREEUSNAAKSE HIPNOTISEUR

LEFRA KELDERKONSERTE – 26 JULIE 2020 OM 17:00

Suid-Afrika se bekendste verhooghipnotiseur, ANDRÉ – DIE SKREEUSNAAKSE HIPNOTISEUR, is ook deel van Lefra se Kelderkonserte op 26 Julie om 17:00.

Met 10 vrywilligers lewendig en regstreeks in die Lefra Kelder, weet mens nooit wat gaan gebeur nie, want ons vrywilligers is natuurlik die sterre van die konsert.
André plaas hulle egter onder hipnose en dan doen mens mos allerhande goed wat mens nie sommer aldag sou doen nie … soos om ‘n wasmasjien te wees, ‘n redder in Baywatch, Juanita du Plessis of sommer net ‘n hondjie of ‘n katjie. Slaap! En kom Skaterlag vir André en sy ster vrywilligers. Lefra Produksies het ‘n paar jaar gelede die televisieprogram, SKATERLAG MET ANDRÉ – DIE SKREEUSNAAKSE op kykNET uitgesaai.

Indien jy deel van ons paneel vrywilligers wil wees en in Gauteng woon, skakel asseblief vir Monica by 011815 3000 of epos aan [email protected] met jou kontakdetails.
André gaan ook die gehoor (dis nou julle by die huis) vra watter voorstelle julle het wat hy met die vrywilligers moet aanvang.
As jy nou reeds idees het, epos dit aan [email protected] of SMS die volgende na 33000: Lefra (dan ‘n spasie) jou naam en van en jou idee wat André met sy vrywilligers moet aanvang.
Indien ons jou idee gebruik, wen jy ‘n aanlyn kaartjie vir ANDRÉ – DIE SKREEUSNAAKSE HIPNOTISEUR.

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 26 Julie om 16:00.

Bulk bespreking kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel per nuusbrief op die dag van elke individuele vertoning.