This event is over.

Rocco speel Jim Muller - Digitale Vertoning

Organized by Rocco Rocco Music
Visit Website
Die pianis Rocco de Villiers toor met die gewilde keurspele van Jim Muller in sy eerste aanlynkonsert op Vadersdag 21 Junie.
Immergroen treffers van Nico Carstens, soos “Die Klokkiewals” en “Zambesi”; “Warm Snare” en “Lentewals” van Hansie Roodt Snr word afgestof, blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu.
Hy speel ook sy eie treffers soos “Liewe Hemel Liewe Aarde”, “Kortbroek Langkouse” en “Nooit te laat”.
Hierdie moenie-mis-konsert is ’n huldeblyk, ’n reis van nostalgie en ’n kykie in die toekoms sonder om die verlede te vergeet.
Voeg daarby ‘n uitgevatte Rocco, sy humorsin en die voete begin jeuk. Van Rocco se sitkamer na joune.

Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang 'n epos met 'n skakel na die vertoning sodra die kaartjie betaal is.LET WEL: die skakel aktiveer eers op 21 Junie om 13:50 PM.
2. Indien jy 'n "smart TV" het sal jy dit vanaf jou foon na jou televisie se youTube App kan "cast"
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.
4. Anders, geniet die vertoning op jou slimfoon in jou hand, jou skootrekenaar op jou skoot of jou tablet in jou hand.

Die video is vir 24 uur beskikbaar na die oorspronklike Livestream.

NB!! Verseker asseblief dat jou e-pos adres korrek ingevul is.
Indien jy nie die e-pos betyds ontvang nie, loer gerus in jou "spam folder" en maak ook seker dat jou toestel se "Restricted View" afgeskakel is.