This event is over.

Die Pomporrelkonsert

Doors open at 4:00 pm
For more information
Visit Website
Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Ferdinand Deist het die wonderlikste stories oor die Sandveld geskryf.
Die Sandveld is die smal landboustreek tussen die Swartland en die Weskus in die Wes-Kaap.
Daar waar karakters gebore word en net groter karakters word. Ferdinand Deist was Professor in Teologie maar hy het die gawe gehad om die stories en die spreektaal van die Sandveld perfek neer te pen.
Die akteur, Johny Klein, het onlangs Deist se boeke op RSG voorgelees en dit was ongelooflik gewild by die luisteraars. Dit was dus die logiese keuse dat DIE POMPORRELKONSERT verhoog toe moes gaan.
Johny Klein is ‘n meester akteur (FLENNIE DIE SNARE; FIELA SE KIND; VILLA ROSA) wat veral bekendheid verwerf het met die verskillende karakters wat hy kan vertolk.
In DIE POMPORRELKONSERT vertolk Johny meer as 20 verskillende karakters op sy unieke manier. Kom skaterlag vir die unieke stories van die Sandveld!

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 19 Julie om 16:00.

Bulk bespreking kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel per nuusbrief op die dag van elke individuele vertoning.