This event is over.

Groet die Grotman 2

Doors open at 4:00 pm
For more information
Visit Website
Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook en Twitter. Die verskille tussen mans en vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram). “Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart. “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies.

PG 16 (Ouerbegeleiding: 16)

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 07 Junie om 16:00.

Bulk bespreking kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel per nuusbrief op die dag van elke individuele event.