My Hart Klop Die Campbells en band - Country Favourites - Digitale Vertoning

  • Order by Phone
  • 086 1000 291

Note: Fees may apply

  • Organized by Sony Music Entertainment Africa
Die Campbells bring hulle treffers van oor die jare terug met ’n bietjie Country daarby na die My Hart Klop Teater

Wat is dan beter as jou gunsteling musiekster wat 'n draai kom maak in jou sitkamer? Dis reg, ons is opgewonde om My Hart Klop Teater aan te kondig.

Ons bring 'n konsert na jou sitkamer waar jy 'n glasie wyn, koeldrank vir die kinders en versnapperings kan geniet! Op Vrydag, 12 Junie 2020 om 19:00 is Die Campbells te sien in die digitale My Hart Klop Teater. Die vertoning begin stiptelik om 19:00 en kaartjies is nou beskikbaar by iTickets.co.za teen ‘n billike R40 vir almal in jou huis. As jy ‘n kaartjie gekoop het, sal jy twee ure voor die vertoning ‘n skakel (link) ontvang per e-pos en/of sms na die vertoning toe wat stiptelik om 19:00 begin.

My Hart Klop Teater sal gereeld nuwe vertonings met verskillende kunstenaars aanbied.

Vir meer inligting en om op hoogte te bly, besoek gerus die My Hart Klop Afrikaans sosiale media blaaie op Facebook, Instagram, Twitter en Youtube.

Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang op die dag van die konsert 'n epos met 'n skakel na die konsert.
2. Indien jy 'n "smart TV" het sal jy dit vanaf jou foon na jou televisie se youTube App kan "cast"
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.

Verseker asb dat jou e-pos adres korrek ingevul is en maak ook seker dat jou toestel se "Restricted View" op die dag afgeskakel is.
Prices:
Vrydag - 12 Junie 2020 Die Campbells en band
(Stream URL word op die dag gestuur aan kaartjiehouers)
Aanlyn Kaartjie R40.00
Donasie vir Produksie Enige bydrae na hierdie projek is welkom!
Donasies R0.00

Add To Calendar

Place Order