Verkope gesluit.

My Hart Klop Kurt Darren - Digitale Vertoning

Kurt Darren more

Interresante tye. Interresante Projekte. My Hart Klop Teater is hier!

Wat is dan beter as jou gunsteling musiekster wat ‘n draai kom maak in jou sitkamer? Dis reg, ons is opgewonde om My Hart Klop Teater aan te kondig. Ons bring ‘n konsert na jou sitkamer waar jy ‘n glasie wyn, koeldrank vir die kinders en versnapperings kan geniet!

Op Vrydag, 24 April 2020 om 19:00 is Kurt Darren die eerste kunstenaar wat ‘n digitale draai gaan maak in die My Hart Klop Teater. En ja, met ‘n volledige orkes, uitstekende beeld en met hoë kwaliteit klank sal Kurt Darren jou vermaak met sy treffers van toeka tot nou.

Die vertoning begin stiptelik om 19:00 en kaartjies is nou beskikbaar by iTickets.co.za teen ‘n billike R40 vir almal in jou huis. As jy ‘n kaartjie gekoop het, sal jy twee ure voor die vertoning ‘n skakel (link) ontvang per e-pos en/of sms na die vertoning toe wat stiptelik om 19:00 begin. Hierdie vertonings sal nie beskikbaar wees na die tyd nie, so moet nie laat wees nie en moet nie die begin van die vertoning mis nie.

Beperkte kaartjies beskikbaar, so spring gou!

My Hart Klop Teater sal gereeld nuwe vertonings met verskillende kunstenaars aanbied. Vir meer inligting en om op hoogte te bly, besoek gerus die My Hart Klop Afrikaans sosiale media blaaie op Facebook, Instagram, Twitter en Youtube.

Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang op die dag van die konsert 'n epos met 'n skakel na die konsert.
2. Indien jy 'n "smart TV" het sal jy dit vanaf jou foon na jou televisie se youTube App kan "cast"
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.

Add To Calendar