This event is over.

OPTOG! - Joshua na die Reën - Someraarde

Doors open at 7:00 pm
Organized by OPTOG!
Visit Website
Die derde studio-album getiteld, SOMERAARDE, van die gewilde musikant is April 2019 op alle digitale platforms vrygestel.

Die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste vrystelling self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke soomloos te verweef met ’n interessante kombinasie van kontemporêre- en pop-klanke om ’n baie treffende eindresultaat te verseker.

Anders as met die vorige album, "Die Wêreld Binne My", wat meestal gegaan het oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister, moedig sy derde ateljee-album luisteraars aan om vrede binne hulleself te vind. Die genre is egter steeds Stadium Rock, maar buiten vir die kenmerkende kontemporêre styl, is daar ook interessante pop-elemente in party van die liedjies wat bydra tot die splinternuwe klank wat hy graag wou skep.

Die bekroonde kunstenaar bekoor luisteraars reeds sedert die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014. Sedertdien het hy al verskeie musiektoekennings ingepalm en temaliedjies vir verskeie flieks, televisieprogramme en –veldtogte geskep.

Joshua na die Reën het nog baie planne vir die toekoms, wat nog baie musiek, spesiale projekte en optredes, ’n oorsese toer en temaliedjies vir flieks insluit. Sy hoop is om met sy liedjies en lirieke emosies wakker te maak wat mense al vergeet het om te ervaar en hulle te daaraan te herinner dat dit goed is om daardie emosies te voel, omdat dit al is hoe jy sal vrede vind.