This event is over.

OPTOG! - Schalk Sing Sleg

For more information
Visit Website
Organized by OPTOG!
Visit Website
14 Maart 2020

Schalk sing sleg

Met Schalk Bezuidenhout en Wesley van der Westhuizen

Schalk Bezuidenhout het geen bekendstelling nodig nie. Dié 27-jarige krulkop met die kenmerkende truitjies van Kempton Park is volksbesit sedert hy in 2015 vir Trevor Noah geopen het. Met drie puik eenmanvertonings (al drie verfilm), die hoofrol in die veelbekroonde rolprent Kanarie, die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as nuusanker van die satiriese Die Ware Naarheid, ook op kykNET, het Schalk die afgelope vier jaar in kykers en gehoorlede se harte gekruip.

Deesdae tree hy ook gereeld oorsee op in plekke soos Dubai, Londen en Edinburgh. Hy is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant.

In 2020 is Schalk terug met ’n splinternuwe vertonings, wat stand-up komedie met vlymskerp liedjies - oor alles en nog wat - kombineer. Hy mag dalk koor gesing het en hy was selfs 'n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Of sing hy regtig sleg?

Schalk deel die verhoog met die talentvolle musiekonderwyser en uitvoerende kunstenaar Wesley van der Westhuizen van Johannesburg. O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met 'n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater!

Hierdie vertoning van Schalk sing sleg by Threatre in the Park is sy heel eerste openbare vertoning van die nuwe show! Hierdie vertoning van Schalk sing sleg word aangebied in samewerking met OPTOG!

Tydsduur: 70 minute
Ouderdomsperking: Geen 0/14 (Taal)
Kos en drankies sal vanaf 18h00 beskikbaar wees om te koop.
Kos deur "Sumthing Fresh"


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.