This event is over.

OPTOG! - Radio Kalahari Orkes

Doors open at 6:00 pm
For more information
Visit Website
Organized by OPTOG!
Visit Website
6 Maart 2020

Radio Kalahari Orkes

Met Ian Roberts, Dan Roberts, Rian Malan en orkes.

Sedert Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 by KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis.

Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aweregse vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing! En mondfluitjie speel, riel, dans en kitare slaan...
In Pretoria was elke optrede van RKO weke vooruit volbespreek.

Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture.

Die liedjies se lirieke draai ook nie doekies om nie. Die hele landskap van Suid-Afrikaner wees word ondersoek – van rugby tot affirmative action, van liefdesleed tot vleis-eet. Uit die pen van Ian Roberts kom ook ‘n skitterende lied oor die baasspeurder Piet Byleveld.


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.