This event is over.

Vlieg Met Jou Drome

Doors open at 3:00 pm
Organized by Entertainment & Event Factory PTY Ltd
Visit Website
Vanjaar skop Entertainment & Event Factory af met 'n splinternuwe jaarlikse konsep,Vlieg met jou drome. Hierdeur word individue in hul strewe na hul drome ondersteun, met die hoop dat dit nie net 'n droom bly nie, maar 'n realiteit word.
Ter ondersteuning van 2020 se Vlieg met jou Drome, is die ideaal om Ryan Cornelius die geleentheid te gee om sý droom te bewaarheid, naamlik om ‘n vlieënier te word.

Ryan het van kindsbeen af 'n liefde vir vliegtuie en vlieg. Toe hy skaars twee jaar oud was,het hy soos 'n pyl uit 'n boog opgespring wanneer hy slaap as daar 'n vliegtuig of helikopter oor die huis gevlieg het. Op 3-jarige ouderdom het hy sy eerste lugskou bygewoon en in al die jare nog nie één gemis nie. Sy enigste droom is en was om eendag vir 'n groot lugredery te vlieg. Ongelukkig het die lewe ook gebeur en is daar nie meer in Suid-Afrika 'n kadet vlieënier program nie en die lugmag is ook nie meer 'n opsie nie.

Ryan was in Zwartkop Hoërskool en het begin vlieg by hulle vliegakademie, waar hy gevorder het tot by sy solo vlugte. Selfs die feit dat Ryan tydens sy Graad 10-jaar in 2015 met 'n lekkende hartklep gediagnoseer is, het dit nie sy droom gekelder nie. (Later jare het 'n hartspesialis en lugvaart geneesheer die versekering gegee dat dit geen impak sal hê op vlugte nie.) Die gesin het hul huiswerk begin doen sodat Ryan by 43 Air School opleiding kon kry, aangesien hulle die beste is en ander lande se lugrederye se kadet vlieënier programme doen. Hulle opleiding is uiters intensief en sluit PPL en kommersieël tot by "Airline ready" in. Ongelukkig kan Ryan nie daarvoor kwalifiseer nie aangesien hy 'n Suid-Afrikaanse burger is. 43 Air School het hul aanbeveel om die opleiding by die akademie te staak, aangesien hy weer dieselfde opleiding by hulle gaan moet doen en hy nie afslag sal kan kry nie. Ryan het besluit om eerder te konsentreer op sy akademie.

Ryan moes noodgewonde in 2018 gaan studeer en doen die National Certificate in General Travel level 5. Ná ‘n uitstekende gemiddelde slaagsyfer van 99%, is hy aangewys as die top akademiese student. In 2019 werk hy as ‘n “learnership” kandidaat en neem ook Spaanse lesse. Elke maand met ontvangs van sy salaris betaal hy die helfte oor aan sy ma, Erica, vir sy fonds. Die gesin sit maandeliks élke sent weg om dit moontlik te maak dat Ryan in Junie 2021 sal kan vlieg en sy droom sal kan leef. Hy het weer ‘n kontrak gekry vir 2020 en sal voortgaan om maandeliks die helfte van sy inkomste in sy fonds in te betaal.

In samewerking met en trots ondersteun deur Entertainment & Event Factory, word 'n konsert ter ondersteuning van Ryan se fonds aangebied.

Vlieg met Jou Drome is ‘n Entertainment & Event Factory inisiatief.