This event is over.
Kamphoer - die verhaal van Susan Nell

Kamphoer – die verhaal van Susan Nell
Die liefling van Suid-Afrikaanse teater, televisie en film, Sandra Prinsloo, keer terug in nog ‘n treffer-produksie, Kamphoer – die verhaal van Susan Nell, met regie deur die internasionaal-gerekende Lara Foot.
Die drama is geskoei op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman. Dit is verwerk vir die verhoog deur Cecilia du Toit in samewerking met Sandra Prinsloo en Lara Foot. Met dié produksie maak Foot haar buiging in die professionele Afrikaanse teaterindustrie terwyl dit ook die eerste samewerking is tussen Foot (Tshepang, Karoo Moose) en Prinsloo (Oscar en die pienk tannie, Moedertaal), een van Suid-Afrika se mees geliefde en bekroonde aktrises.
Die kragtige drama het met groot welslae en lof van beide gehore en die media by die 2019 Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein gedebuteer, met vyf ster-resensies en vol huise. Dit is aangewys as Beste Nasionale Teaterdebuut by die fees se Blinker-toekennings en het ook vier benoemings by Aardklop 2019 gekry: Beste Aktrise, Beste Regisseur, Beste optrede in ‘n solo-produksie en Beste Algehele aanbieding. Dit was ook een van die topverkopers in Bloemfontein en het by Aardklop heeltemal uitverkoop voor die fees begin het.
In die toneelstuk, gegrond op 'n ongelooflike ware verhaal, vertolk Suid-Afrikaanse legende Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) ‘n traumatiese belewenis moet deurmaak.
Na haar pa se dood tydens die oorlog, beland Susan en haar ma-hulle in die konsentrasiekamp waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir dood agtergelaat word. Sy oorleef die gruweldaad en bekwaam haarself as sielkundige in Nederland. Sy reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ‘n psigiatriese hospital in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok lei. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die die pyn en vernedering van haar verlede.
2019 is die 120ste gedenkjaar van die Anglo-Boereoorlog en die produksie bring hulde aan dié era. Die roman Kamphoer is onder meer benoem vir die Jan Rabie Rapport-toekenning, ‘n ATKV-toekenning en gekortlys vir die 2018 Sunday Times Literêre toekennings. Die produksie word moontlik gemaak deur die ondersteuning van KunsStig.
Aangebied deur die vervaardigers van die bekroonde Die reuk van appels en gemeet aan die oorweldigende reaksie wat die produksie tydens sy debuut ontvang het, beloof Kamphoer – die verhaal van Susan Nell om gehore regoor Suid-Afrika aan te gryp. Dit het ‘n ouderdomsbeperking van 14.
Met Sandra Prinsloo
Regie: Lara Foot
Gegrond op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman
Stel- en beligtingsontwerp: Patrick Curtis
Klankontwerp, klankbaan en komposisie: Simon Kohler
Kostuumontwerp: Mariechen Vosloo en Birrie le Roux
Verwerk vir die verhoog deur Cecilia du Toit in samewerking met Sandra Prinsloo en Lara Foot
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Vervaardig deur Theatrerocket
Moontlik gemaak deur KunsStig
Tydsduur: 75 minute
Ouderdomsbeperking: geen o/14