This event is over.

Moreletapark Gemeente: Spesiale Beraad 2020

For more information
Visit Website
Organized by Moreleta Kerk
Visit Website
'n Tweedag spesiale beraad vir leraars, leiers en gemeentelede, wat dieselfde standpunte handhaaf.



Inligting vir voornemende beraadgangers

Besluite wat geneem is tydens die 2019 Algemene Sinode het veroorsaak dat verskeie gemeentes en lidmate gekonfronteer word met eenheidskwessies, Skrifgesag, Skrifinterpretasie en teenstrydige standpunte wat lei tot die vraag oor die pad vorentoe binne die NG Kerk.

Die fokus van die beraad sal wees: om 'n forum te skep waarin, onder andere, inligting oor die kerkregtelike aspekte en moontlike opsies vir die hantering van die huidige kwessies binne die NG Kerk, gedeel sal word. Genoegsame tyd vir rondetafelgesprekke sal gegee word om by 'n punt van moontlike besluitneming of verdere aksiestappe te kom.

Tydens die beraad, sal 'n paneel kundiges, bestaande uit kerkregskundiges en teoloë beskikbaar wees, om te help met die proses.

Jy word hiermee vriendelik versoek om alle vrae / relevante bekommernisse wat jy het, vroegtydig deur te stuur na: [email protected], sodat daar seker gemaak kan word dat alle brandende kwessies aangeraak word.

Seënwense,

Leierskap: Moreletapark Gemeente