This event is over.

O, My Folk!

Doors open at 7:00 pm
Organized by OPTOG!
Visit Website
30 September 2019

O, My Folk!

Met Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee Band en Johrné van Huyssteen. &nbsp Musiekregie deur Matthys Maree.

OPTOG! vier die moderne liedjies van die Afrikaanse folk-musiek genre met hierdie oorspronklike musiekproduksie!

Afrikaanse musiek het ‘n lang pad gestap sedert die Voëlvry-beweging in die tagtigerjare. &nbsp Koos Kombuis het baie myle gereis sedert daardie opspraakwekkende en betekenisvolle kampustoere wat "Afrikaans wou vry maak van sy verlede". &nbsp Op hierdie verhoog kruis sy pad met die jongelinge, Herman Kleinhans en die Bottomless Coffee Band. &nbsp Kortpad-reisigers. &nbsp In ‘n nuwe, moderne, teerpadplek. &nbsp Maar net soos Koos destyds, is hulle besig om met musiek en liriek weer nuwe bakens en rigtingwysers langs ons landspaaie in te kap! &nbsp Johrné van Huyssteen beman die verversingspos by hierdie besondere kruising.&nbspAs lid van die destydse groep, dDisselblom, het hy ook wyd getoer.

"Ek weet hoe moeg mens raak wanneer jy ‘n liedjie oor die berg moet dra!"

Trots OPTOG!

80 minute / Geen pouse


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.