Kaartjie verkope open Maandag, 1 Julie om 05h00

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings

Doors open at 6:30 pm
Organized by PretoriaFM
Visit Website
Deur die Afrikaanse Musiektoekennings streef Pretoria FM daarna om in alle opsigte deursigtig en geloofwaardig te wees en in die beste belang van Afrikaanse musiek, liedjieskrywers, kunstenaars, vervaardigers en regisseurs op te tree. ‘n Wêreldklas geleentheid word aangebied waartydens van ons land se beste kunstenaars gaan optree met professionele tegniese persone aan die stuur van sake.

Die goeie nuus vir Afrikaanse kunstenaars is dat die datum vir die splinternuwe musiektoekenningsgeleentheid bekend gemaak is!

Pretoria FM het bevestig dat die nasionale toekennings vir gehaltekunstenaars, -lirieke, -skrywers en -produksies op 16 Oktober vanjaar by die Moreleta-ouditorium in Pretoria gaan plaasvind.

Kunstenaars kan solank hulle inskrywings gereed kry, want die inskrywingsdatum is van 1 Julie tot 15 Augustus! Die wenners sal kan spog met ’n unieke trofeë wat spesiaal deur ’n bekende beeldhouer ontwerp word.

Volgens die uitvoerende hoof van Pretoria FM, Hennie Koortzen, gaan dit ’n Wêreldklas-vertoning wees wat gaan spog met die room van die land se Afrikaanse kunstenaars. Koortzen sê daar sal ook tydens die geleentheid erkenning gegee word aan ván die legendes in die Afrikaanse musiekbedryf.

Die publiek sal die geleentheid kan bywoon teen baie bekostigbare pryse en besonderhede oor kaartjieverkope sal binnekort bekend gemaak word.

Die Afrikaanse musiek- en kunste-mark kan solank sy vere begin regskud vir ’n nasionale glansgeleentheid sonder weerga!