This event is over.

'Lente My' deur Koos van der Merwe

Doors open at 6:00 pm
Organized by Atterbury Theatre
'n Koos-konsert oor die Liefde se Seisoene

Jacques Brell, Toon Hermans, Herman Kleynhans, Leonard Cohen, Bob Dylan, Al’astair, Koos du Plessis en Koos van der Merwe se liedjies oor die liefde.

Een vertoning. Agt skeppende genieë. Sestien liedjies. Sewentig minute. Koos sing legendariese kunstenaars se diepste, mooiste en mees onvergeetlike liedjies oor die liefde. Beleef musiek oor Seisoene van betowering en beneweling, omhelsing en versoeking, ontnugtering en skeiding.

Sprokie vir 'n Stadskind. Lente My. Dans my na die Liefde toe. Vir Megan. Marieke. Katoen. Vergeet My nie My Soetelief… Die een lied wil meer meesleurend wees as die volgende.

'n Splinternuwe konsert. 'n Baie ou gevoel. Kom beleef dit.

Duur: 80min
Ouderdomsbeperking: Geen