This event is over.

Paarl Interskole 104 Stunt

Organized by Radio Tygerberg
Visit Website
Radio Tygerberg 104fm is weer ’n media vennoot by vanjaar se Paarl Interskole. En om die 104de bestaansjaar van die wêreld se grootste Interskole te vier, kan jy groot kontantpryse wen!

Al wat jy moet doen, is om jou ondersteuning van òf Boishaai òf Gimmies te wys deur aanlyn een of meer van die genommerde blokke waarin die Faurestraat rugbyveld opgedeel is, te koop teen R25 stuk.

Net voor die afskop van die hoofwedstryd om 16:00 op Saterdag 3 Augustus gaan twee valskermspringers op die veld land – een aan Gim se kant en die ander een aan Boishaai se kant van die hoofpawiljoen – en elk ‘n vlag plant. Die eienaars van die twee blokke waar die vlae geplant is, stap elkeen met R10 000 weg!