This event is over.

Babalela

Doors open at 9:30 am
Organized by Rietvallei Voortrekkers
Visit Website
Babalela - Martie Preller
Verwerking en Regie deur Dulinda Pieters (EnterActive Productions)

Die eerste gedagte wat by 'n mens opkom waneer jy Babalela vir die eerste keer ontmoet, is pure pret en hope plesier.

Die Babalela is 'n eienaardige diertjie wat diep in die donker bos woon saam met 'n klompie ewe eienaardige maatjies. Daar is Wrrumpie, die haastige en lastige wurm, Knortand, wat effens kwaai voorkom en gedurig in almal se rigting hap met sy vlymskerp tande, Potifant met sy reusagtige pote, Meermoskat wat nie sy nuuskierigheid in toom kan hou nie, en agt Fripperwakkies wat onophoudelik kwetter.

In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op `n dag `n nare gerammel in die bos is.

Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom `n reuse-stootskraper. Soos `n kwaai bul loop die stootskraper `n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het.

As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig `n plan maak nie, gaan daar niks van hulle geliefde bos oorbly nie!

Een ding is egter seker, in die Babalela se deel van die bos is die avonture onophoudelik. Daar is 'n baie sterk tema van natuurbewaring en baie ander belangrike lewenslesse te leer uit die Babalela-reeks. Oud en jonk sal gelukkig wees om te hoor dat Babalela-Die stories en liedjies nou ook op CD vrygestel is.