This event is over.

Laerskool Die Poort - 70 Jaar van Oorvloed

Doors open at 8:00 am
Organized by Laerskool Die Poort
Visit Website
Alle oud- leerders, -ouers en -personeel, asook huidige Poortjies, ouers en personeel.
Kom beleef 'n dag uit die verlede! 'n Feesdag op die “Poortjie-manier”.


PROGRAM VIR DIE NAWEEK:

Vrydag 10 Mei:
Tydens Skooltyd:
Huidige Poortjies word bederf met speletjies, pret en roomys!
18:00:
Oud-Onderwysers en Oud-Beheerliggaamlede kuier saam met huidige personeel en BL. in die skoolsaal. (Oud-Onderwysers en BL.-lede Registreer asseblief op iTickets:
https://form.myjotform.com/itickets/LSDiePoortRegistrasie

NB! Registrasie vir die funksie sluit 03 Mei 2019

Saterdag 11 Mei: Nou Begin ons GEESVANG!
08:00 :
Skoolhekke open! Maak 'n draai by die Registrasietafel sodat ons jou kan welkom heet!
09:00 & 10:00 :
Kom beleef 'n PRETLOOP op die Poortjie manier! (Stap, draf, kuier en beleef die mooi omgewing in en om die skool). R20 inskrywing – ontvang jou eie Feesjaarmedalje by die wenpaal. Wegspringtye: 09:00 en 10:00. Besprekings vir die PRETLOOP: Click op Place Order.
NB! Besprekings vir die Pretloop sluit 03 Mei 2019
11:00 - 16:00 :
“Touch Rugby” en “Netbal Fast 5/7”.
Kry jou “ou” spanmaat en enige gewilliges bymekaar en skryf 'n span in! (Noodhulp sal beskikbaar wees).
• Kom ontmoet bekende rugbyspelers, neem deel aan speletjies en wen pryse!
• Inskrywingsfooi: R350 per span

Vir meer inligting i.v.m. “Touch Rugby” kontak Fritz Untiedt by f.untiedt@gmail.com
i.v.m Netbal kontak Anandi Rosslee by anandi.rosslee@gmail.com
NB! Besprekings vir Rugby en Netbal sluit 03 Mei 2019

17:00 :
DIE GROOT KUIER - Kom kuier saam met “ou” en nuwe vriende op die rugbyveld!
- Daar sal plekke op die rugbyveld wees waar jaargroepe om vure saam kan kuier.
ONS GAAN BRAAI....SPITBRAAI! Gedoen deur Nyama Spitbraai
R150 per persoon bo 10 jaar. Besprekings vir spitbraai-kaartjies: Click op Place Order.
R80 vir kinders onder 10 jaar. Besprekings vir spitbraai-kaartjies: Click op Place Order.
NB! Besprekings vir die Spitbraai sluit 03 Mei 2019

Spyskaart
• Skaap op die spit
• ¼ Hoenderborsie
• Geroosterde baba aartappels
• Griekse slaai
• Heerlike knoffelbrood
• Borde, messe en vurke en tafels word verskaf.
• Bring net jou eie stoel en eie drinkgoed

“LEWENDIGE MUSIEK” - word verskaf deur Mnr. Jannie de Goede en sy orkes.

Aktiwiteite en fasiliteite wat die hele dag beskikbaar gaan wees:

Teetuin :Kom kuier saam met “ou” bekendes onder Die Poort se mooi bome.
Fototafel / Fotohoek Kom neem foto’s saam met jou laerskool vriende, onderwysers en dalk jou ou skoolkys!
Staptog deur die verlede: Beleef toeka tot nou. 'n Roete deur die skool sal jou neem na plekke en tye uit jou verlede...
Kom kyk hoe Die Poortjies dit in 2019 doen!
Speletjies: Onthou jy “Win 'n Spin”? Bring jou kinders om saam met huidige Poortjies aan speletjies en aktiwiteite soos:
Win 'n Spin, Bottelomtrek, Gesigverf, Sand-Art en nog meer deel te neem. R5-R20
Kosstalletjies: 'n Verskeidenheid kosstalletjies sal deur die dag en aand heerlike eetgoed en drinkgoed verkoop. (Kontant).
Musiek en afkondigings deur die dag: Om 'n lekker atmosfeer te skep gaan ons die hele dag musiek speel. Bekendes word genooi om deur die dag hulle stories te kom vertel. Bennie Fourie, Jaques Gombaldt en nog bekendes gaan gesig kom wys.
Memorabilia en “Borg 'n blaar-projek” 'n Stalletjie waarby jy meer kan kom uitvind oor L/S Die Poort se projekte en planne vir die volgende 70 jaar.

Sondag 12 Mei 2019: Ons sluit die naweek af met 'n dankdiens.
Plek: Laerskool Die Poort se Skoolsaal
Tyd: 10:00

ONS SIEN UIT OM JOU HIER BY LAERSKOOL DIE POORT TE ONTVANG!