This event is over.

CO Productions & jouSTERRE Showcase

Doors open at 6:30 pm
Organized by CO PRODUCTIONS
Visit Website
Wat kry jy as jy van die land se top-kunstenaars op een verhoog vir een aand sit? ’n Showcase. Dít is presies wat jy kan verwag wanneer die gedugte sustersmaatskappye, CO Productions en jouSTERRE, hul Showcase op 12 Maart by Weiveld aanbied.

Dié twee maatskappye, wat spesialiseer in kunstenaar- en geleentheidsbestuur en naam gemaak het as voorlopers in dié industrie, bied vanjaar vir die tweede keer ’n konsert van dié aard aan en dit beloof om weereens gaste se asems weg te slaan.

Jay du Plessis, Willem Botha, Leah, Gerrie Pretorius, Pieter Koen, ADAM, Lee Scott en André Schwartz gaan almal in aksie wees met van hul gunsteling liedjies. Ruben Delmage en Nadia Beukes is seremoniemeesters vir die aand en ’n spesiale optrede deur die Dinamiese Dames, is ingesluit op die program met 'n vol orkes en 'n hele paar verrassings.
CO Productions & jouSTERRE Showcase