This event is over.
Smulpaap
Doors open at 7:30 pm
SMULPAAP
SMAAKLIK!
Jannie du Toit en Leon Gropp
Leon Gropp, voormalige lid van die instrumentale groep CH2, en Jannie du Toit, pionier van Afrikaanse musiek, bied op 8 April in die Atterburyteater ’n gesamentlike produksie aan wat hulle SMULPAAP noem. Hulle erken daarmee dat hulle lewensgenieters is - smulpape van musiek en taal.
Die musiekpad voel soms soos ’n bergpas of ’n mallemeule - paaie wat bly kronkel deur opdraandes en afdraandes, waar jy in ’n laagte sonder enige uitsig kan ry en dan weer baie ver kan sien van ‘n hoë kruin af. Jy sien ook van tyd tot tyd ander karre daar doer ver vir ’n oomblik tussen die bome uitflits en dan weer verdwyn.
Jannie en Leon is musiekmakers wat gereeld in die verbygaan vir mekaar waai, groot respek het vir mekaar se werk en lankal besef dat hulle baie in gemeen het: ’n passie vir die lewe, vir skoonheid, vir goeie smaak, vir musiek en vir taal. Hulle staan op verskillende punte in daardie besondere reis van kunstenaars wat die klem op artistieke uitnemendheid plaas. Nou gaan die twee vir ’n aand saam in ’n dubbelkarretjie van die mallemeule klim - ’n keer hulle ware saam uitstal, soos Langenhoven sou sê vreugde deel om op dié manier die vreugde groter te maak.
Hulle word op die verhoog bygestaan deur Jannie se gevestigde ensemble van Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) en Theuns Botha (tromme) asook Leon se gereelde pianis, Marcel Dednam. Die werk van woordkunstenaars en musikante soos Van Wyk-Louw, Christa Steyn, Koos Doep, Lucas Maree en Jacques Brel sal te hore wees, maar die klem is op Leon en Jannie se eie materiaal – hoofsaaklik nuwe komposisies uit hulle penne en kitare: kos vir die fynproewer. Kom smul saam!