This event is over.

Hartenbos in Afrikaans - Vrydag

Doors open at 2:00 pm
For more information
Visit Website
Organized by IN AFRIKAANS
Visit Website
Hartenbos-Gala-Itickets.png?raw=1

19:30 | 27 & 28 Desember | HARTENBOS IN AFRIKAANS
HARTENBOS IN AFRIKAANS se asemrowende konserte gaan weereens jou asem wegslaan hierdie jaar! Kom beleef die grootste treffers gesing deur ons land se mees geliefde Afrikaanse kunstenaars saam met 'n lewendige orkes!
Kunstenaars: Jo Black, Robbie Wessels, Karen Zoid, Spoegwolf, Refentse, Francois van Coke, Kurt Darren, Elandré, Appel, Leah, Jan Bloukaas, Early B, Danny Smoke, Katinka, Biggy, Tasché en Bernice West.



IN AFRIKAANS KONSERTREEKS BEPALINGS EN VOORWAARDES:
1. Hierdie kaartjie ("die kaartjie") is onderhewig aan die onderstaande terme en voorwaardes.
2. Die kaartjie word verkoop aan die koper ("die koper") vir die spesifieke vertoning ("die vertoning") teen die voorafbepaalde prys soos aangedui ("koopprys").
3. Sodra die kaartjie gekoop is, sal die koopprys nie terugbetaal word nie, tensy:
a. Die vertoning gekanselleer word;
b. Die datum van die vertoning herskeduleer word; of
c. Die skeduleringsbesonderhede van die vertoning in 'n wesenlike manier verander i.e. die datum, plek of tyd ("skeduleringsbesonderhede") van die vertoning is nie meer soos uiteengesit op die kaartjie nie.
4. Indien enige sodanige kansellasie, herskedulering of verandering in skeduleringsbesondhede, soos bepaal in klousule 3, toegeskryf kan word aan vis major, sal In Afrikaans nie aanspreeklik gehou word nie en sal geen gelde terugbetaal word nie.
5. In Afrikaans sal onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir enige skade insluitende gevolgskade teenoor die koper nie.
6. Die koper is verplig om die skeduleringsbesonderhede van die vertoning te bevestig.
7. In Afrikaans sal in die media kennis gee van enige veranderinge en/of wysigings ten opsigte van die skeduleringsbesonderhede van die vertoning.
8. Geen duplikaat kaartjies sal uitgereik word om verlore of gesteelde kaartjies te vervang nie.
9. In Afrikaans behou die reg voor om toegang tot die vertoning te weier in die lig van gesondheid-, veiligheid- en sekuriteitsoorwegings.
10. In Afrikaans sal ten alle tye geregtig wees om sekuriteitsondersoeke te loods ten tyde van en/of voor die vertoning.
11. In Afrikaans sal nie terugbetaling van die koopprys aan die koper maak indien die koper toegang tot die vertoning geweier of versoek word om die perseel van die vertoning te verlaat voordat die vertoning 'n aanvang neem of onderwyl die vertoning aan die gang is as gevolg van:
a. Laat arrivering by die vertoning; Hekke sluit 21:00, selfs al het jy ‘n kaartjie
b. Onaanvaarbare gedrag, hetsy as gevolg van gebruik van alkohol of dwelms of andersins;
c. Besit van wapens of onwettige materiaal of middele; of
d. Maak van ongemagtigde video opnames.
12. Die koper doen ook afstand van enige regte wat hy/sy mag he voorspruitend uit enige verlies of skade of aanspreeklikheid ten opsigte van die persoon of eiendom van die koper wat gely mag word deur die koper en/of enige derde party as gevolg van enige handeling of late van In Afrikaans of enige van In Afrikaans se werknemers, direkteure, beamptes, agente en geaffilieerde persone / maatskappye.
13. Geen persone word toegelaat om enige kos en / of drank by die terrain in te bring nie. Daar is stalletjies asook ‘n kontantkroeg beskikbaar waar verversings gekoop kan word.
14. Geen sakke of koelbokse word toegelaat nie.
15. Indien dit reën sal die vertoning wel voortgaan en sambrele sal in hierdie geval toegelaat word. Gazebos en sambrele sal nie andersins toegelaat word nie.
16. Stoele en komberse word toegelaat vir algemene toegang kaartjiehouers. Alle items mag deursoek word.
17. Kaartjies sal op die dag van elke vertoning by die hekke verkoop word vanaf 12:00, tensy die kaartjies voor die tyd uitverkoop.
18. Hekke sal 14:00 oopgemaak word voor elke vertoning, behalwe die 24ste se Kersfees vertoning.
19. CD's en ander goedere sal teen kontant verkoop word.
20. Daar sal geen parkering vir die publiek binne die amfiteater beskikbaar wees nie.
21. Identifikasie mag versoek word by die ingangshekke, indien nodig, om ouderdom te bevestig.
22. Goue sirkel sitplekke is op plastiekstoele wat verskaf word. Normale sitplekke (algemene toegang) is op jou eie kampstoel of kombers wat jy kan inbring in die amfiteater. Alle items mag deursoek word.
23. Goue sirkel kaartjiepryse is dieselfde prys vir ALLE ouderdomme. Geen kinders sal toegelaat word in die goue sirkel sonder 'n geldige kaartjie nie. Voorskoolse kinders wat nie op stoele sit nie, kan wel algemene toegang kaartjies kry wat gratis is.
24. Daar sal twee ingange wees by die amfiteater se hoofhek. Goue Sirkel kaartjiehouers kan aan die regterkant van die hoofhek ingaan. Goue Sirkel kaartjiehouers moet asb ‘n ry vorm in Majubalaan na die see se kant toe. Persone met Algemene Toegang kaartjies sal deur die hoofhek ingaan. Persone met Algemene Toegang kaartjies moet asb ‘n ry vorm in Majubalaan na die treinspoor se kant toe.
Persone wat wil kaartjies koop, moet asb aan die regterkant van die hoofhek deur die draaihek gaan (indien kaartjies nie vooraf uitverkoop nie). Persone wat kaartjies gekoop het, moet asb dan in die betrokke ry gaan staan tot tyd en wyl die hekke oopmaak.
25. Kaartjiehouers van goue sirkel kaartjies moet asb seker maak hulle kry hulle toegangsbandjie by die amfi se hoofhek wanneer hulle ingescan word, andersins sal hulle nie toegelaat word in die goue sirkel area nie. As jy jou toegangsbandjie verloor sal dit ongelukkig nie vervang word nie en jy sal jou plek in die goue sirkel verbeur.
26. Kaartjies sal in Desember by die Skoffelskuursaal te koop wees wat geleë is by die Seefront mall, indien die kaartjies nie voor die tyd uitverkoop nie. Datums van kaartjieverkope sal nader aan die tyd bevestig word.
27. VIP kaartjiehouers sal slegs in die VIP tent toegelaat word met n geldige bandjie. As VIP kaartjiehouers slegs ‘n kaartjie het (sonder ‘n bandjie), sal hulle slegs by die VIP stoele toegelaat word en nie in die VIP tent nie.
28. Geen drank sal buite die dranktent area toegelaat word tensy dit in 'n plastiekkoppie of plastiekbottel is nie.
29. Stalletjie houers sal slegs in die amfiteater toegelaat word met geldige akkreditasie. Stalletjiehouers sonder geldige akkreditasie mag gevra word om die perseel te verlaat.
30. Slegs persone met geldige akkreditasie sal toegelaat word in die backstage area.
31. Geen diere sal toegelaat word in die amfiteater gedurende die konserte nie, ook nie diere in handsakke, drasakke, hokke of aan leibande nie.
32. Indien algemene toegang kaartjiehouers die amfiteater wil verlaat, moet hulle ‘n stempel kry by die hoofingang sodat hulle weer die amfi sal kan binnekom.
33. Persone wat op ongemagtigde plekke, in opritte of voor hekke parkeer, se voertuie mag deur die Verkeersafdeling of hul gemagtigde verteenwoordigers verwyder word. In Afrikaans sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade, insluitend sonder beperking, indirekte of voortvloeiende verlies of skade ten opsigte van die verwydering van hierdie voertuie nie.
34. Persone wat coolerbags saam met hul kaartjies gekoop het, moet die bewys daarvoor by die hoof biertent wys, waar hulle die coolerbag en produkte sal ontvang. Geen omruilings van produkte nie. Gekoopte coolerbags kan nie by die hek uitgeneem en weer ingebring word nie.
35. In Afrikaans behou die reg voor om Bepalings en Voorwaardes aan te pas, indien nodig.
36. Bepalings & Voorwaardes sal by die ingang vertoon word.