This event is over.

Romanz

Doors open at 6:30 pm
Organized by OPTOG!
Visit Website
5 April 2019
Romanz
Met Adam Barnard, Burgerd Botha, Louis Loock en André Venter.

Romanz, een van die mees bekroonde mansgroepe ooit om Suid-Afrikaanse verhoë te betree. &nbsp Ons stop gráág om die bekoorlike manne op te laai! &nbsp Hulle is terug vir 'n reeks van 6 reünie-konserte, spesiaal vir OPTOG!

Vir hierdie spesiale aanbieding kombineer ons klank, smaak en samesyn onder die sterre-hemel wanneer jy kom aansit aan ons langtafel vir ‘n onvergeetlike aand!

Op die spyskaart is drankies by aankoms, terwyl voorgereg sal bestaan uit ‘n verskeidenheid van brood, smaaklike smere en kase. &nbsp Die hoofgereg is Mediterreense lamskenkel bedien op ‘n warm couscous-slaai en gegeur met suurlemoen, roosmaryn, knoffel en so ‘n klein bietjie chilli. &nbsp Sjokolade is die ster wanneer nagereg aan die beurt kom. &nbsp Sjokolade truffels, brownies en fudge! &nbsp En dan is daar Barista en Gelato stasies vir diegene wat nog ‘n bietjie wil oorgee aan die lekkerkry!

Die manne van Romanz sal sorg vir die res. &nbsp Jy sal op 'n nostalgiese reis geneem word met van hulle grootste treffers en kan uitsien na gunstelinge soos Houtkruis, My hele hart en Solitaire.

Trots OPTOG!

Ten bate van 2nd Harvest Feeding Project (NPC).


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.