This event is over.

Humor Help

Doors open at 7:30 pm
Organized by Atterbury Theatre
HumorHelpSmall.jpg



Casper de Vries, Schalk Bezuidenhout, Alfred Adriaan, Bennie Fourie, Mariette Loubser en Cobus van Rensburg en musiek deur Bouwer Bosch, Dans Dans Lisa en Danie du Toit van Spoegwolf.

Met Humor Help wil van ons voorste stand-up komediante en kunstenaars graag ’n wesenlike finansiële bydrae lewer tot Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark se uitdagings in die lig van die onlangse tragedie by die skool. Al die kunstenaars tree gratis op, die teater word deur die Atterbury Trust geborg en al die inkomste van die hierdie vertoning word aan die skool geskenk om te hulp te verleen wat die opknapping en instandhouding van die infrastruktuur en bystand aan beseerde leerders betref. Die Atterbury Trust het ingestem om die venue en geriewe gratis beskikbaar te stel vir hierdie vertoning. Met topkomediante soos Casper de Vries, Schalk Bezuidenhout, Alfred Adriaan, Bennie Fourie, Mariette Loubser en Cobus van Rensburg en musiek deur Bouwer Bosch, Dans Dans Lisa en Danie du Toit van Spoegwolf. Kom geniet ’n Maandagaand van skaterlag en maak ’n verskil deur ’n kaartjie te koop.

Ouderdoms Beperking: Geen onder 14s