This event is over.
My Vrou se Man se Mannetjie
Lefra Produksies doen dit weer - vanjaar se splinternuwe klug is ... wag vir dit ... My Vrou se Man se Mannetjie
en ons kuier by die Atterburyteater in Pretoria. My Vrou se Man se Mannetjie speel in die Atterburyteater met
vertonings op Woensdag, 13 Maart om 20:00 en Donderdag, 14 Maart om 20:00.
Besprekings kan by www.itickets.co.za gedoen word, of telefonies by 086 1000 291. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.mannetjie.co.za.
Isak (Cobus Venter) en Linda (Edrien Erasmus) se huwelik is op ‘n 17 jaar-jeuk. Linda voel dat sy meer uit die lewe wil hê ... veral meer opwinding. Isak aan die anderkant is heel gelukkig met sy saai lewe - hy het 'n suksesvolle kunsblommebesigheid en sy hele bestaan word deur die besigheid oorgeneem. Linda voel egter dis tyd om te skei en arme Isak is in die donkterte dieptes. Voeg egter daarby 'n seniele oupa Arnoldus (meesterlik vertolk deur Paul Lückhoff), inmengerige bure, Herman (Johan Joubert) en Bettie (Marissa Claasen) en 'n sestienjarige, jeukerige seun, Chris (Rowlen von Gericke), en jy het 'n totale resep vir chaotiese lekkerlag!
Frans Swart, regisseur sê dat dit elke jaar nogal 'n uitdaging is om op die vorige jaar se klug te verbeter. "Ek dink egter vanjaar se My Vrou se Man se Mannetjie is skreeusnaaks en ook splinternuut. Dit het'n lekker storielyn en ek glo dat heelwat paartjies hulself met die situasies sal kan vereenselwig. So kan jy ook in die proses vir jouself lag. Ek sê dit elke jaar, maar sê dit maar weer - elke Lefra-klug is splinternuut en nie 'n opvolg op enige van die vorige klugte nie. Elke klug is totaal uniek en nuut."