This event is over.
Gearkamp (Gr 7 Skoolverwisselingskamp)

Ouers ontvang 2 eposse (die vrywaringsvorm sal deel wees van hierdie eposse) min of meer 2 weke voor die kamp met al die nodige inligting op.
Hiermee solank belangrike inligting
*Ouers laai kinders self by die kampterrein op en af. Hou aseblief in gedagte dat daar 'n stuk grondpad is na die kampterrein toe en dat die Moloto-pad besig kan wees in spitstyd. Laat genoeg ruimte in tyd toe om u kind betyds by die kamp te besorg. Kinders kan die Vrydag registreer vanaf 16:00 tot 18:00. Personeel wat die registrasie hanteer, is eers beskikbaar vanaf 16:00.
*Die eerste sessie begin amptelik om 18:00. Die kamp eindig Sondag om 12:00, wanneer ouers hulle kinders weer kan oplaai.
*Kinders en ouers kies SELF die kamer waar die kind sal bly. Ons doen geen indeling self nie en kan nie plek uithou vir kinders in sekere kamers nie. Ons verseker wel dat seuns en dogters apart slaap - nie in kamers langs mekaar nie, maar in blokke weg van mekaar af.
*Daar is 'n snoepie beskikbaar vir lekkernye tydens pouses ens. Die etes word egter alles deur ons verskaf.
*Ons vra asseblief dat kinders nie duur items sal saambring na die kamp toe nie.
Onthou asb om die volgende saam te bring:
*'n Oorspronklik getekende vrywaringsvorm
*Jou eie beddegoed - daar is stapelbeddens met enkelbed matrasse
*Jou eie snoepiegeld (daar is 'n heerlike koffiewinkel met allerhande ekstras te koop - T-hemde, aandenkings, melkskommels, cappucino's en ander lekkernye)
*Jou Bybel
*Notaboek en 'n pen
*Lekker gemaklike en ekstra warm klere
*Flits
*Sambreel
*Swemklere en handdoek in die Somer
*Badhanddoek
*Jy hoef nie jou eie eetgerei saam te bring nie
*Muskietweermiddel
Roete-aanwysing
Die GPS koordinate neem jou tot by die Eksderde grondpad, volg die aanwysingsborde van daar af. Indien julle sukkel met die aanwysings, skakel gerus Eksderde direk by 079 209 9229.
Grade - Minute - Sekondes
S 25° 32' 18"
E 28° 26' 43"
Eksderde Manne en Vrouekampe se Kampgrond is ongeveer 30 km noord-oos van Pretoria.
Vanaf Johannesburg:
- Ry Noord op die N1 Polokwane snelweg, gaan verby Pretoria en neem die Zambesi/Cullinan-afrit (Sefako Makgatho).
- Draai regs by die robot net na die tolhek en ry met Zambesiweg onderdeur die snelweg en draai links by die 2de robot (dis slegs 800m vanaf die snelweg en daar is 'n groot mall). Die roetebord lees: R573 Kwa-Mhlanga links. Draai dan links met die glybaan op die Kwa-Mhlanga pad (ou Moloto pad) wat verby die Roodeplaatdam gaan.
- Ry van daardie robot 25km tot waar jy bruin Eksderde Lodges bord kry wat links wys, daar is ook n groot groen bord wat Cullinan na regs wys, net verby daardie bord is 'n grondpad wat LINKS draai na die Eksderde Kampterrein.
- Daar is ook 'n Eksderde bord met rooi letters hoog aan 'n kragpaal vas, volg die Eksderde bordjies vir ongeveer 5km tot by Eksderde kampterrein