This event is over.

Meer as 'n Melodie

Organized by J-Records
Visit Website
6 Jaar gelede het die klanke van die treffer "Kaalvoetkind" weerklink oor die radiogolwe van Suid Afrika. Onmiddellik was die vraag daar om die "Kaalvoetkinners" in aksie te sien en die navrae het ingestroom. Na meer as 50 eksklusiewe konserte en 50 000 konsertgangers het die Koningin van Afrikaanse Musiek, Juanita du Plessis en haar twee spruite, Franja du Plessis en Ruan Josh besluit dis tyd vir iets groots...

Juanita het as kunstenaar al meer as 30 albums en DVD’s uitgereik met ’n groot totaal van 2 600 000 eenhede verkoop – die meeste deur enige vrou in die geskiedenis van Suid Afrika. Meer as 80 Top 10 treffers en meer as 3000 konserte.

Franja du Plessis lyk dalk baie soos haar ma, maar aan uniekheid en talent is daar geen tekort nie. Sy het pas haar tweede album uitgereik en is tot dusver die eerste vroulike kunstenaar wat op debuut Goud verkoop en aangewys is as Vroulike kunstenaar van die jaar by 2017 se Ghoema toekennings.

Ruan Josh is die enigste doring tussen die rose. Hyself het al sy debuutalbum uitgereik en pronk reeds met 4 nommer 1’s op Suid Afrikaanse radiostasies. Hy is ook tans die aanbieder van die SABC2 reeks, "Klein Begin".

Hulle eerste album saam genaamd "Kaalvoetkinners" het binne slegs 3 weke Goue status behaal!

So, met die nuwe jaar om die draai, kan ons uitsien na die eerste volwaardige produksie deur hierdie hegte singende familie byname "Meer as 'n Melodie". Dit beloof om ’n reis deur hul liefde vir musiek te wees met hope treffers en verseker ’n hele rits items met hulle AL 3 op die verhoog.

Maak seker jy loop nie hierdie een mis nie!