Nataniël Gesels

6 April 2019

Nataniël Gesels


Vir meer as 20 jaar tree Nataniël reeds as spreker op.   Hy word bespreek deur skole, universiteite, maatskappye, kerke, liefdadigheidsorganisasies en tydskrifte.   Hy kom gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees.   Nou, vir die eerste keer bied hy sy praatjies in teaters aan!

Hy vertel stories, vermaak en verras, praat oor die plek van die individu in ’n gebroke samelewing, die afgryse van sosiale media, die waarde van kennis deel, elkeen se behoefte aan ’n spreekbeurt, gesondheid wat in die kop begin en ’n unieke oog wat lei tot ’n unieke lewe.   Dit alles is die dryfkrag agter sy optredes, ook hierdie leefstyl-geleentheid.   As die tyd dit toelaat, word vrae uit die gehoor beantwoord.

Plesierig, skreeusnaaks en roerend.   Nataniël Gesels is ’n unieke ervaring!

Tog te legendaries!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.
Prices:
Saterdag - 6 April 11h00 (Deure open 10h30)
Algemene Toegang R200.00

Add To Calendar

Place Order