This event is over.

OPTOG! - Roodepoort Teater

10 April 2019

Drie van die Bestes

met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets

Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld. &nbsp Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak. &nbsp Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.

Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf. &nbsp ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!

Tog te legendaries!


10 Julie 2019

Laurika Rauch


Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!

Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG! &nbsp Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree. &nbsp Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.

Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind. &nbsp Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.

Tog te legendaries!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.