This event is over.

Stef Bos: Jou land is my land

Doors open at 7:00 pm
For more information
Visit Website
Organized by OPTOG!
Visit Website
27 Julie 2019 om 19:30

Stef Bos: Jou land is my land

Stef Bos se verhouding met Suid-Afrika en met die Afrikaanse taal, strek oor meer as 25 jaar. Hy leef en werk op twee kontinente en is ongetwyfeld ons taal se grootste ambassadeur in Europa.

Vir OPTOG! bied hy ‘n eiesoortige vertoning aan. Geïnspireer deur alles wat hy op ons landspaaie gehoor, gesien, geproe en beleef het. Van Naboomspruit tot Kloofstraat; van Komatipoort tot Kolmanskop; van Grabouw tot Pelgrimsrus. Oral is ‘n liedjie gebore. En die reis is lank nie klaar nie!

"Oral waar ek stop tydens hierdie OPTOG!, gaan ek ‘n song skryf. Oor die dorp of sy mense. Al hierdie plekke word ‘n nuwe hoofstuk in my Nederkaanse songbook! Want jou land is my land!"

Tog te legendaries!

75 min / Geen pouse


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.