This event is over.

OPTOG! - Kopanong Ouditorium

2 Maart 2019

Nataniël Gesels

Vir meer as 20 jaar tree Nataniël reeds as spreker op. &nbsp Hy word bespreek deur skole, universiteite, maatskappye, kerke, liefdadigheidsorganisasies en tydskrifte. &nbsp Hy kom gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees. &nbsp Nou, vir die eerste keer bied hy sy praatjies in teaters aan!

Hy vertel stories, vermaak en verras, praat oor die plek van die individu in ’n gebroke samelewing, die afgryse van sosiale media, die waarde van kennis deel, elkeen se behoefte aan ’n spreekbeurt, gesondheid wat in die kop begin en ’n unieke oog wat lei tot ’n unieke lewe. &nbsp Dit alles is die dryfkrag agter sy optredes, ook hierdie leefstyl-geleentheid. &nbsp As die tyd dit toelaat, word vrae uit die gehoor beantwoord.

Plesierig, skreeusnaaks en roerend. &nbsp Nataniël Gesels is ’n unieke ervaring!

Tog te legendaries!


14 November 2019

Laurika Rauch

Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!

Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG! &nbsp Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree. &nbsp Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.

Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind. &nbsp Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.

Tog te legendaries!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.