Nataniël: Four Loud People

2 April 2019

Nataniël:   Four Loud People


Hierdie vertoning is ’n ontploffing van klank, melodieë, style, ritmes, fantasie, ontwerp en humor.

Nataniël vertel sy kenmerkende stories in Afrikaans en Engels, en maak musiek.   Pop, blues, soul, jazz, oorspronklik en splinternuut, klassiek en immergroen.   Hy inspireer, fantaseer, stel bloot, laat wenkbroue lig, bevraagteken, beantwoord, voer mee, troos en laat jou skaterlag.

Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).   Sy immerverrassende versameling kostuums is deur Floris Louw.

Tog te legendaries!

90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15

Boeke, CD’s en leefstylprodukte te koop by alle vertonings.


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.
Prices:
Dinsdag - 2 April 19h30 (Deure open 19h00)
Stalls R220.00
Gallery R185.00

Add To Calendar

Place Order