This event is over.
OPTOG! - Hoërskool Pietersburg
![](https://itickets.co.za/parts/eimages/409856.jpg)

23 Februarie 2019
Ten spyte van alle ander avonture, bestaan Nataniël se lewe en loopbaan eintlik net uit twee dinge:   fantastiese stories en tydlose musiek.   In hierdie vertoning doen hy presies dit:   hy vertel verhale wat jou meevoer, inspireer, verbaas, laat hoop en laat skaterlag.   Hy sing liedere uit sy eie pen, asook splinternuwe weergawes van die van immergroen musiek uit die skatkis van soul, blues, pop, country, jazz en vergange rolprente.
Hy deel die verhoog met pianis, Charl du Plessis. Kostuums is deur Floris Louw.
Tog te legendaries!
90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15
9 Mei 2019
"Stories begin as letters.   Daar bestaan ‘n hele lys woorde wat in Afrikaans en Engels presies dieselfde lees en gespel word!”
‘n Feit wat ook presies weerspieël wat gehore van hierdie unieke musiekreis te wagte kan wees. 'n Keurspel van treffers uit ons almal se jongdae, asook ‘n seleksie van oorspronklike en meer onlangse Elvis Blue treffers.
Trots OPTOG!
16 Junie 2019
‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!
Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling.   Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.
Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar.   Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.
Tog te musikaal!
24 Augustus 2019
Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!
Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG!   Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree.   Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.
Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind.   Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.
Tog te legendaries!
11 Oktober 2019
Die Radio Kalahari Orkes se musiek kom uit 'n diep gewortelde plek en gaan maak draaie by die Ghoema-, Latyns- en Africana-musiekstyle.   As jy mooi luister, sal jy elke rusplek langs die grondpad aan sy optel-klanke herken!
Ons bring hulle na jou toe.   Grondpadlangs.   Met ‘n wa-vrag vol ou akoestiese, stofbestande instrumente:   kitare, ‘n dobro, mondfluitjies, kontra-bas, trekklavier, gazoos en ‘n legendariese ou Fender Telecaster.   Uniek en outentiek.
Die orkes is in 2017 vereer met 'n FAK Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.
Tog te musikaal!
OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.
Nataniël:   Unplugged
Ten spyte van alle ander avonture, bestaan Nataniël se lewe en loopbaan eintlik net uit twee dinge:   fantastiese stories en tydlose musiek.   In hierdie vertoning doen hy presies dit:   hy vertel verhale wat jou meevoer, inspireer, verbaas, laat hoop en laat skaterlag.   Hy sing liedere uit sy eie pen, asook splinternuwe weergawes van die van immergroen musiek uit die skatkis van soul, blues, pop, country, jazz en vergange rolprente.
Hy deel die verhoog met pianis, Charl du Plessis. Kostuums is deur Floris Louw.
Tog te legendaries!
90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15
9 Mei 2019
Stories:   Elvis Blue
Ons laai hom in!   Elvis Blue deurkruis die land saam met ons om sy Stories vir jou te bring."Stories begin as letters.   Daar bestaan ‘n hele lys woorde wat in Afrikaans en Engels presies dieselfde lees en gespel word!”
‘n Feit wat ook presies weerspieël wat gehore van hierdie unieke musiekreis te wagte kan wees. 'n Keurspel van treffers uit ons almal se jongdae, asook ‘n seleksie van oorspronklike en meer onlangse Elvis Blue treffers.
Trots OPTOG!
16 Junie 2019
Jo Black
‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!
Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling.   Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.
Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar.   Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.
Tog te musikaal!
24 Augustus 2019
Laurika Rauch
Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!
Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG!   Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree.   Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.
Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind.   Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.
Tog te legendaries!
11 Oktober 2019
Radio Kalahari Orkes
Met Ian Roberts, Dan Roberts, Rian Malan en orkes.Die Radio Kalahari Orkes se musiek kom uit 'n diep gewortelde plek en gaan maak draaie by die Ghoema-, Latyns- en Africana-musiekstyle.   As jy mooi luister, sal jy elke rusplek langs die grondpad aan sy optel-klanke herken!