This event is over.

OPTOG! - TD Kerk (Taberna Dei)

23 Februarie 2019

Romanz

Met Adam Barnard, Burgerd Botha, Louis Loock en André Venter.

Romanz, een van die mees bekroonde mansgroepe ooit om Suid-Afrikaanse verhoë te betree. &nbsp Ons stop gráág om die bekoorlike manne op te laai! &nbsp Hulle is terug vir 'n reeks van 5 reünie-konserte, spesiaal vir OPTOG!

Gehore sal op 'n nostalgiese reis geneem word met van hulle grootste treffers en kan uitsien na gunstelinge soos Houtkruis, My hele hart en Solitaire.

Trots OPTOG!


8 Mei - Kombi-Nasie

Met Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe

Ons is Wicus en Pietman en kuier al jare om die vuur. As bure. As vrinne.
Altwee in die kombi, maar albei wil bestuur. Kom lag. Kom vergeet.
Ons kombineer sousboontjies en beet.
Ons sal vir jou vertel wat ons nog altyd weet.


8 Junie 2019

Jo Black


‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. &nbsp Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. &nbsp Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

Tog te musikaal!


30 Augustus 2019

Stories: &nbsp Elvis Blue

Ons laai hom in! &nbsp Elvis Blue deurkruis die land saam met ons om sy Stories vir jou te bring.

"Stories begin as letters. &nbsp Daar bestaan ‘n hele lys woorde wat in Afrikaans en Engels presies dieselfde lees en gespel word!”

‘n Feit wat ook presies weerspieël wat gehore van hierdie unieke musiekreis te wagte kan wees.&nbsp'n Keurspel van treffers uit ons almal se jongdae, asook ‘n seleksie van oorspronklike en meer onlangse Elvis Blue treffers.

Trots OPTOG!


14 September 2019

Drie van die Bestes

met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets

Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld. &nbsp Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak. &nbsp Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.

Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf. &nbsp ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!

Tog te legendaries!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.