This event is over.

3 Susters / Drie Susters

13 November 2019

3 Susters

Met Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm.   Teks deur Louis Pretorius en regie deur Tara Notcutt.

Die OPTOG! kombi is op pad en drie van Suid-Afrika se beste aktrises sit die agtersitplek vól!   Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees.

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar.   Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng?   'n Bord sushi sou net so goed gewees het.   Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy's bang vir vlieg.

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe.   Want hier sit hulle nou.   Die vlug is vertraag en sy's hoog op kalmeerpille.   Bianca is vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien.   Anel praat met 'n aantreklike man.   Christine maak haar oë toe.   Sy droom van stilte.   Absolute stilte.   Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn.   Sy mag dit nie dink nie, maar…   sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord.   Sal hulle ooit daar kom?   Of is almal net te vlugvoos?

Tog te teatraal!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.

Add To Calendar