This event is over.

OPTOG! - Ernest Oppenheimer Teater

14 Maart 2019

Nataniël: &nbsp Four Loud People


Hierdie vertoning is ’n ontploffing van klank, melodieë, style, ritmes, fantasie, ontwerp en humor.

Nataniël vertel sy kenmerkende stories in Afrikaans en Engels, en maak musiek. &nbsp Pop, blues, soul, jazz, oorspronklik en splinternuut, klassiek en immergroen. &nbsp Hy inspireer, fantaseer, stel bloot, laat wenkbroue lig, bevraagteken, beantwoord, voer mee, troos en laat jou skaterlag.

Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme). &nbsp Sy immerverrassende versameling kostuums is deur Floris Louw.

Tog te legendaries!

90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15

Boeke, CD’s en leefstylprodukte te koop by alle vertonings.



5 Junie 2019

Jak de Priester


'n Nostalgiese OPTOG!

Jak de Priester het die afgelope 16 jaar diep spore in die Afrikaanse musiekwêreld getrap met liedjies soos Sally Williams Nougat, Groen Mamba, Roer jou voete, die temalied van Binnelanders en vele meer.

Vir OPTOG! doen hy ’n konsert wat sy reis saamvat, met liedjies van die begin af tot nou. &nbsp Liedjies wat sal inspireer, wat sal laat lag en jou sal laat dink. &nbsp Daar is ook staaltjies uit, en liedjies wat geïnspireer is deur die program, Reis na Gister, waarvan hy die aanbieder was. &nbsp Saam met hom op die verhoog is ook wonderlike musikante wat die klavier, kitaar en trekklavier bespeel.

Tog te musikaal!


17 Julie 2019

Laurika Rauch


Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!

Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG! &nbsp Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree. &nbsp Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.

Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind. &nbsp Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.

Tog te legendaries!


28 Augustus 2019

Stories: &nbsp Elvis Blue

Ons laai hom in! &nbsp Elvis Blue deurkruis die land saam met ons om sy Stories vir jou te bring.

"Stories begin as letters. &nbsp Daar bestaan ‘n hele lys woorde wat in Afrikaans en Engels presies dieselfde lees en gespel word!”

‘n Feit wat ook presies weerspieël wat gehore van hierdie unieke musiekreis te wagte kan wees.&nbsp'n Keurspel van treffers uit ons almal se jongdae, asook ‘n seleksie van oorspronklike en meer onlangse Elvis Blue treffers.

Trots OPTOG!


12 September 2019

Drie van die Bestes

met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets

Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld. &nbsp Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak. &nbsp Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.

Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf. &nbsp ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!

Tog te legendaries!


26 Oktober 2019

Nêrens, Noord-Kaap

Met Albert Pretorius, De Klerk Oelofse en Geon Nel. &nbsp Teks en regie deur Nico Scheepers. &nbsp ‘n US Woordfees-produksie.

Frans, Andries en Ronald het mekaar jare laas gesien. &nbsp Nou moet die broers terugkeer na hul geboorteplaas, Nêrens, vir ’n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word.

Hierdie skreeusnaakse en hartroerende werk volg in die voetspore van die uiters suksesvolle komedie, Amper, Vrystaat, en was ‘n loket-sukses by elkeen van die bestaande feeste. &nbsp Nommerpas-teater vir OPTOG!

Tog te teatraal!

70 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 16 (Taal)


15 November - 3 Susters

Met Lizz Meiring Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm

Christine word 50. Sy vlieg Thailand toe. Sy's doodbang maar dis haar verjaarsdag geskenk aan haarself. Sy't haar tweeling-sussies saamgenooi. Die een is so vet soos sy. Die ander een is maer. Te maer. Sy hou nie van hulle nie maar hulle's familie. Nou sit hulle op die lughawe. Die vlug's vertraag. Sy's hoog op kalmeerpille. Bianca's vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien. Anel praat met 'n aantreklik man. Christine wil net wegkom. Sy droom van 'n Griekse god wat haar verlei langs 'n vuur op die strand. Sal sy ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos?

3 Susters is 'n "dramedy" in vyf bedrywe geskryf deur Louis Pretorius (Die Boekklub) en staan onder die regie van Tara Notcutt.



OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.