This event is over.

OPTOG! - Etienne Rousseau Teater

6 Maart 2019

Karoo Suite:&nbsp Coenie de Villiers & Deon Meyer


Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers.&nbsp Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene.

Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie:&nbsp dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo.&nbsp Meyer, een van die suksesvolste skrywers in die spanningsgenre ter wêreld, is ook self op die verhoog as verteller.&nbsp De Villiers het die musiek gekomponeer.

Die bykomende lekkerte is Meyer (ook ‘n fotograaf van internasionale gehalte) se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep.

Tog te legendaries!


14 Mei - Kombi-Nasie

Met Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe

Ons is Wicus en Pietman en kuier al jare om die vuur. As bure. As vrinne.
Altwee in die kombi, maar albei wil bestuur. Kom lag. Kom vergeet.
Ons kombineer sousboontjies en beet.
Ons sal vir jou vertel wat ons nog altyd weet.


12 Junie 2019

Jo Black


‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. &nbsp Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. &nbsp Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

Tog te musikaal!


26 Julie 2019

Laurika Rauch


Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!

Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG! &nbsp Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree. &nbsp Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.

Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind. &nbsp Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.

Tog te legendaries!


25 Oktober 2019

Nêrens, Noord-Kaap

Met Albert Pretorius, De Klerk Oelofse en Geon Nel. &nbsp Teks en regie deur Nico Scheepers. &nbsp ‘n US Woordfees-produksie.

Frans, Andries en Ronald het mekaar jare laas gesien. &nbsp Nou moet die broers terugkeer na hul geboorteplaas, Nêrens, vir ’n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word.

Hierdie skreeusnaakse en hartroerende werk volg in die voetspore van die uiters suksesvolle komedie, Amper, Vrystaat, en was ‘n loket-sukses by elkeen van die bestaande feeste. &nbsp Nommerpas-teater vir OPTOG!

Tog te teatraal!

70 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 16 (Taal)


14 November 2019

3 Susters

Met Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm. &nbsp Teks deur Louis Pretorius en regie deur Tara Notcutt.

Die OPTOG! kombi is op pad en drie van Suid-Afrika se beste aktrises sit die agtersitplek vól! &nbsp Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees.

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar. &nbsp Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng? &nbsp 'n Bord sushi sou net so goed gewees het. &nbsp Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy's bang vir vlieg.

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe. &nbsp Want hier sit hulle nou. &nbsp Die vlug is vertraag en sy's hoog op kalmeerpille. &nbsp Bianca is vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien. &nbsp Anel praat met 'n aantreklike man. &nbsp Christine maak haar oë toe. &nbsp Sy droom van stilte. &nbsp Absolute stilte. &nbsp Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn. &nbsp Sy mag dit nie dink nie, maar… &nbsp sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord. &nbsp Sal hulle ooit daar kom? &nbsp Of is almal net te vlugvoos?

Tog te teatraal!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.