This event is over.
OPTOG! - Oude Libertas Amfiteater

14 Februarie 2019
Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld.   Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak.   Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.
Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf.   ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!
Tog te legendaries!
23 Februarie 2019
Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers.  Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene.
Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie:  dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo.  Meyer, een van die suksesvolste skrywers in die spanningsgenre ter wêreld, is ook self op die verhoog as verteller.  De Villiers het die musiek gekomponeer.
Die bykomende lekkerte is Meyer (ook ‘n fotograaf van internasionale gehalte) se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep.
Tog te legendaries!
1 & 2 Maart 2019
Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!
Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG!   Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree.   Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.
Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind.   Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.
Tog te legendaries!
OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.
Drie van die Bestes
met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys RoetsDrie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld.   Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak.   Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.
Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf.   ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!
Tog te legendaries!
23 Februarie 2019
Karoo Suite:  Coenie de Villiers & Deon Meyer
Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers.  Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene.
Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie:  dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo.  Meyer, een van die suksesvolste skrywers in die spanningsgenre ter wêreld, is ook self op die verhoog as verteller.  De Villiers het die musiek gekomponeer.
Die bykomende lekkerte is Meyer (ook ‘n fotograaf van internasionale gehalte) se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep.
Tog te legendaries!
1 & 2 Maart 2019
Laurika Rauch