This event is over.

Pieter-Dirk Uys: Weerklink van ‘n wanklank (Memoires van toe tot nou)

Doors open at 7:30 pm
For more information
Visit Website
Organized by OPTOG!
Visit Website
16 Julie 2019 om 20:00
Atterbury Teater, Pretoria

Pieter-Dirk Uys: Weerklink van ‘n wanklank (Memoires van toe tot nou)

met Pieter-Dirk Uys

Hierdie skreeusnaakse en eerlike eenman memoire van Pieter-Dirk Uys is alles hy, maar sonder die grimering! Sonder enige rekwisiete, vals wimpers of hoë hakke om agter weg te kruip.

Pieter-Dirk Uys vind in sy sewentigste-plus jaar die moed om die storie agter die stories te vertel, ’n persoonlike kaleidoskoop van ’n lewe vol gelag en gesag in hierdie viering van Suid-Afrikaner-wees deur lief en lied, soet en suur.

Almal het sy lewens-siening help vorm en hy gesels oor sy familie in Pinelands met Ma Helga en Pa Hannes met hulle liefde, musiek en dissipline. Ook oumas en aias, en die nimlike Sophia Loren is deel van sy storie!

Tog te legendaries!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.