This event is over.

OPTOG! - Atterbury Teater

26 Oktober 2019

Radio Kalahari Orkes

Met Ian Roberts, Dan Roberts, Rian Malan en orkes.

Die Radio Kalahari Orkes se musiek kom uit 'n diep gewortelde plek en gaan maak draaie by die Ghoema-, Latyns- en Africana-musiekstyle. &nbsp As jy mooi luister, sal jy elke rusplek langs die grondpad aan sy optel-klanke herken!

Ons bring hulle na jou toe. &nbsp Grondpadlangs. &nbsp Met ‘n wa-vrag vol ou akoestiese, stofbestande instrumente: &nbsp kitare, ‘n dobro, mondfluitjies, kontra-bas, trekklavier, gazoos en ‘n legendariese ou Fender Telecaster. &nbsp Uniek en outentiek.

Die orkes is in 2017 vereer met 'n FAK Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.

Tog te musikaal!


27 Oktober 2019

Nêrens, Noord-Kaap

Met Albert Pretorius, De Klerk Oelofse en Geon Nel. &nbsp Teks en regie deur Nico Scheepers. &nbsp ‘n US Woordfees-produksie.

Frans, Andries en Ronald het mekaar jare laas gesien. &nbsp Nou moet die broers terugkeer na hul geboorteplaas, Nêrens, vir ’n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word.

Hierdie skreeusnaakse en hartroerende werk volg in die voetspore van die uiters suksesvolle komedie, Amper, Vrystaat, en was ‘n loket-sukses by elkeen van die bestaande feeste. &nbsp Nommerpas-teater vir OPTOG!

Tog te teatraal!

70 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 16 (Taal)


12 November 2019

Drie van die Bestes

met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets

Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld. &nbsp Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak. &nbsp Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.

Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf. &nbsp ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!

Tog te legendaries!


17 November 2019

Karoo - Kersfees

Met Deon Meyer en Coenie de Villiers

Kom vier 'n vroeë Karoo-Kersfees saam met spanningskrywer Deon Meyer en musieklegende Coenie de Villiers. Die program word ingelei met 'n paar van die mees geliefde Kersliedjies, en dan voer Deon en Coenie vir oulaas hulle Karoo Suite uit.

Tog te musikaal!

70 minute / Geen pouse


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.