This event is over.

In Afrikaans Konsertreeks

For more information
Visit Website
Organized by IN AFRIKAANS
Visit Website
399684_Skree_BuyPage_New.jpg
19:30 | 22 Desember | SKREE IN AFRIKAANS
Steve gaan kom SKREE in extravaganza styl op Hartenbos hierdie jaar en daar is ook 'n paar ander lekker verrassings in sy konsert om na uit te sien!
Kunstenaar: Steve Hofmeyr - met gaskunstenaar Demi Lee Moore (wenner van Die Kontrak).



400041_Kersfees_BuyPage_New.jpg
20:00 | 24 Desember | KERSFEES IN AFRIKAANS
'n Spesiale geleentheid waar die hele gesin Kersfees liedere kan kom saamsing by kerslig op Oukersaand saam met fantastiese kunstenaars asook 'n lewendige orkes. Donasies kan gemaak word ten bate van Hartenbos Bejaardesorg.
Kunstenaars: Jan de Wet, Douvoordag, Roan Ash.



400042400043_BuyPage_New.jpg
19:30 | 28 & 29 Desember | HARTENBOS IN AFRIKAANS
Aangesien die aanvraag na kaartjies vir die HARTENBOS IN AFRIKAANS konsert laas jaar so groot was en voor die tyd uitverkoop het, het ons besluit om NOG groter te gaan hierdie jaar! Kom beleef die grootste treffers gesing deur ons land se mees geliefde Afrikaanse kunstenaars saam met die beste musikante wat Suid-Afrika het om te bied!
Kunstenaars: Theuns Jordaan, Leah, Jo Black, Snotkop, Karen Zoid, Robbie Wessels, Kurt Darren, Liezel Pieters, Appel, Adam Tas, Ghapi, Juan Boucher, Jan Bloukaas, Riana Nel, Elvis Blue, Early B.



IN AFRIKAANS KONSERTREEKS BEPALINGS EN VOORWAARDES:
1. Hierdie kaartjie ("die kaartjie") is onderhewig aan die onderstaande terme en voorwaardes.
2. Die kaartjie word verkoop aan die koper ("die koper") vir die spesifieke vertoning ("die vertoning") teen die voorafbepaalde prys soos aangedui ("koopprys").
3. Sodra die kaartjie gekoop is, sal die koopprys nie terugbetaal word nie, tensy:
a. Die vertoning gekanselleer word;
b. Die datum van die vertoning herskeduleer word; of
c. Die skeduleringsbesonderhede van die vertoning in 'n wesenlike manier verander i.e. die datum, plek of tyd ("skeduleringsbesonderhede") van die vertoning is nie meer soos uiteengesit op die kaartjie nie.
4. Indien enige sodanige kansellasie, herskedulering of verandering in skeduleringsbesondhede, soos bepaal in klousule 3, toegeskryf kan word aan vis major, sal In Afrikaans nie aanspreeklik gehou word nie en sal geen gelde terugbetaal word nie.
5. In Afrikaans sal onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir enige skade insluitende gevolgskade teenoor die koper nie.
6. Die koper is verplig om die skeduleringsbesonderhede van die vertoning te bevestig.
7. In Afrikaans sal in die media kennis gee van enige veranderinge en/of wysigings ten opsigte van die skeduleringsbesonderhede van die vertoning.
8. Geen duplikaat kaartjies sal uitgereik word om verlore of gesteelde kaartjies te vervang nie.
9. In Afrikaans behou die reg voor om toegang tot die vertoning te weier in die lig van gesondheid-, veiligheid- en sekuriteitsoorwegings.
10. In Afrikaans sal ten alle tye geregtig wees om sekuriteitsondersoeke te loods ten tyde van en/of voor die vertoning.
11. In Afrikaans sal nie terugbetaling van die koopprys aan die koper maak indien die koper toegang tot die vertoning geweier of versoek word om die perseel van die vertoning te verlaat voordat die vertoning 'n aanvang neem of onderwyl die vertoning aan die gang is as gevolg van:
a. Laat arrivering by die vertoning;
b. Onaanvaarbare gedrag, hetsy as gevolg van gebruik van alkohol of dwelms of andersins;
c. Besit van wapens of onwettige materiaal of middele; of
d. Maak van ongemagtigde video opnames.
12. Die koper doen ook afstand van enige regte wat hy/sy mag he voorspruitend uit enige verlies of skade of aanspreeklikheid ten opsigte van die persoon of eiendom van die koper wat gely mag word deur die koper en/of enige derde party as gevolg van enige handeling of late van In Afrikaans of enige van In Afrikaans se werknemers, direkteure, beamptes, agente en geaffilieerde persone / maatskappye.
13. Geen kos en drank word toegelaat nie, kontantkroeg beskikbaar asook kos stalletjies.
14. Geen koelbokse word toegelaat nie.
15. Indien dit reen sal die vertoning wel voortgaan en sambrele sal in hierdie geval toegelaat word. Gazebos en sambrele sal nie andersins toegelaat word nie.
16. Stoele en komberse word toegelaat.
17. Kaartjies sal op die dag van elke vertoning by die hekke verkoop word vanaf 15:00, tensy die kaartjies voor die tyd uitverkoop.
18. Hekke sal 17:00 oopgemaak word voor elke vertoning.
19. CD's en ander goedere sal teen kontant verkoop word.
20. Daar sal geen parkering vir die publiek binne die amfiteater beskikbaar wees nie.
21. Identifikasie mag versoek word by die ingangshekke, indien nodig, om ouderdom te bevestig.
22. Goue sirkel sitplekke is op plastiekstoele wat verskaf word. Normale sitplekke (algemene toegang) is op jou eie kampstoel of kombers wat jy kan inbring in die amfiteater.
23. Goue sirkel kaartjiepryse is dieselfde prys vir ALLE ouderdomme. Geen kinders sal toegelaat word in die goue sirkel sonder 'n geldige kaartjie nie. Voorskoolse kinders kan wel algemene toegang kaartjies kry wat gratis is.
24. Daar sal twee ingange wees by die amfiteater se hoofhek. Aan die linkerkant kan alle kaartjiehouers van algemene toegang kaartjies (wie reeds kaartjies gekoop het) by die groot hek ingaan en moet asb na die linkerkant op in Majubalaan ën ry vorm na die treinspoor se kant toe. Mense met goue sirkel kaartjies se ingangspunt gaan by die middelste draaihek wees links van die huisie en hierdie mense moet ook asb ën ry vorm op in Majubalaan na die treinspoor se kant toe. Daar sal verkoopspunte wees voor die amfi huisie waar kaartjies gekoop kan word (indien dit nie voor die tyd uitverkoop nie). Mense wat wil kaartjies koop moet asb na die regterkant op in Majubalaan ën ry vorm na die see se kant toe. As jy jou kaartjie gekoop het kan jy dan in die betrokke ry gaan inval - algemene toegang of goue sirkel. Indien kaartjies voor die tyd uitverkoop en daar geen verkope by die hek is nie, moet die ry vir die goue sirkel regs op in Majubalaan na die see se kant toe gevorm word. Daar sal duidelike aanwysings wees waar die betrokke rye en verkoopspunte is.
25. Kaartjiehouers van goue sirkel kaartjies moet asb seker maak hulle kry hulle toegangsbandjie by die amfi se hoofhek wanneer hulle ingescan word, andersins sal hulle nie toegelaat word in die goue sirkel area nie. As jy jou toegangsbandjie verloor sal dit ongelukkig nie vervang word nie en jy sal jou plek in die goue sirkel verbeur.
26. Kaartjies sal vanaf 19 - 29 Des by die ATKV info kantoor te koop wees wat gelee is by die Seefront mall, indien die kaartjies nie voor die tyd uitverkoop nie.
27. VIP kaartjiehouers sal slegs in die VIP area toegelaat word met n geldige bandjie.
28. Geen drank sal buite die dranktent area toegelaat word tensy dit in 'n plastiekhouer is nie.
29. Daar sal 'n springkasteel vir die kinders wees om op te spring, maar dit sal op eie risiko wees. In Afrikaans en die ATKV aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige beserings nie. Daar sal gekwalifiseerde medics op die gronde wees.
30. Stalletjie houers sal slegs in die amfiteater toegelaat word met geldige akkreditasie wat gegee sal word deur die ATKV.
31. Slegs persone met geldige akkreditasie sal toegelaat word in die backstage area.
32. Alle goedere wat gekoop word op iTickets se website vir die BLACK FRIDAY special kan slegs op die dag van die konsert by die Hartenbos amfiteater opgetel word. Geen produkte sal gecourier word nie. Aanbod is geldig op 'n beperkte aantal algemene toegangskaartjies en goedere. Slegs een algemene toegangskaartjie per persoon sal teen afslag gekoop kan word.
33. Geen diere sal toegelaat word in die amfiteater gedurende die konserte nie.